Man vas ná hy glo meisie voor ma verkrag

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man van Limpopo wat na bewering ʼn 15-jarige meisie ten aanskoue van haar ma verkrag het voordat hy haar ontvoer het, is in hegtenis geneem.

Sers. Gerald Sedibe, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn gewapende man het Sondag by ʼn huis in die Machiding-nedersetting in Siyabuswa ingebreek waar die meisie en haar ma lê en slaap het. Hy het glo die ma se hande en voete met skoenveters vasgemaak voordat hy die tienermeisie voor haar ma verkrag het.

“Hy het daarna die vrou van haar persoonlike besittings beroof en die meisie gedwing om saam met hom te gaan. Hy het haar na sy huis geneem waar hy haar weer herhaaldelik verkrag en die volgende oggend vrygelaat het,” het Sedibe gesê.

Die polisie het dadelik na die verdagte begin soek en hy is Dinsdagmiddag by sy huis in hegtenis geneem. ʼn Vuurwapen is ook in die huis gevind.

“Die 28-jarige verdagte is aangekla van verkragting, ontvoering, gewapende roof en die onwettige besit van ʼn vuurwapen. Hy sal binnekort in die Mdutjana-landdroshof verskyn,” het Sedibe gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

vierkleur ·

Ek wil graag weet wat met die storie gebeur van die regter met haar stelling wat sy gemaak het,
want hierdie laaste maand of twee het haar stelling dit oor en oor bewys

Willie ·

Ek is seker skokkende nuus soos die, kan in die regter se guns tel… Dis regtig siek verby…

Gesiggie ·

Ek hoop die straf vir hierdie man is nie aangenaam… ek vervloek mense soos jy… wat nie net van ander mense wil steel, maar ook n kind se lewe wil verwoes… sieklik…. hoop die uitspraak is regverdig… sterkte aan die meisie van 15” wat deur hel moes gaan… en moet probeer aangaan… en so ook aan haar Ma, wat als moes aanskou…

Theuns ·

As jy wit is in SA en jy praat die waarheid is jy ‘n rassis!

Scalla ·

Hier is mos nog n bewys dat die regter reg was. Siek verby

Anette ·

Maroela verduidelik asb vir my hoekom gebruik julle elke keer die spesifieke foto as die berig oor verkragting handel?

Lance ·

Elke weej is daar 1 of 2 grusame berigte oor verkragting ek wens die kultuur wil stop in SA

J ·

Ag stuur asb hierdie artikel vir ou Julian Schutte. Sy mos die Judge kamstig ge explored

Johan Bester ·

Ons moet ophou praat en hoop en bid dat ons n ander regering kan kry wat die doodstraf sal terugbring.Nie die Anc of Da staan die doodstraf voor nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.