Man vas na hy glo meisies verkrag

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

ʼn 18-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy glo twee jong meisies verkrag het in Butterworth in die Oos-Kaap.

Kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, het gesê die meisies se ouers het hulle glo na ʼn winkel gestuur om kleingeld te kry. “Die verdagte het hulle glo in die winkel toegemaak en hulle verkrag. Die meisies het hul ouers van die beweerde verkragting vertel.”

Volgens Manatha het die beweerde voorval Woensdag plaasgevind maar is die saak eers Saterdag by die polisie aangemeld. “Dit is nog nie duidelik hoekom dit so lank gevat het om die saak aan te meld nie. Die verdagte is onmiddellik in hegtenis geneem nadat die saak aangemeld is.”

Manatha het gesê die meisies is nege en 10 jaar oud. Die verdagte sal na verwagting Dinsdag in die Butterworth-landdroshof verskyn op aanklag van verkragting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.