Man vas ná hy glo mense met handgranaat dreig

Die handgranaat wat gevind is. Foto: SAPD

Die handgranaat wat gevind is. Foto: SAPD

ʼn 52-jarige man van Noordwes is Maandag in hegtenis geneem nadat ʼn handgranaat en ʼn gedeelte van ʼn mortier in sy besit gevind is.

Kapt. Paul Ramaloko, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die Morokweng-polisie en Vryburg-honde-eenheid het op ʼn klag reageer dat ʼn besope man in die Setabeng-dorpie van Morokweng met ʼn handgranaat rondloop en mense dreig.

“Toe die polisie by die toneel opdaag het, het hulle ʼn M26-handgranaat gevind wat onder ʼn boom weggesteek is,” het Ramaloko gesê. “Die polisie het ook die verdagte se huis deurgesoek en op ʼn gedeelte van ʼn mortier en ʼn spul gebruikte patroondoppies van ʼn hoë kaliber vuurwapen afgekom.”

Die man sal na verwagting Woensdag in die Ganyesa-landdroshof verskyn op aanklagte van die onwettige besit van ammunisie en plofstof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

carel ·

weet nie of ek iets mis nie maar ek kon nerens lees dat ammunisie by hom gevind is nie – enige iemand kan soveel dope he as wat hulle wil – daar is geen wetgewing daarteen nie (dope is net braas of staal) die granaat en deel van die mortier kan onder springstof geklasifiseer word.

Knersus D ·

Ek wonder weer oor wat ‘n hoee Kaliber is… 500Nitro is hoog en .308 is laag?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.