Die polisie in die Wes-Kaap het ‘n man in hegtenis geneem nadat hulle hom glo betrap het waar hy besig was om ‘n man se hart te eet wie hy glo vermoor het.
Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die polisie is Dinsdagaand na ‘n huis in Tembisastraat in Malungapark, Gugulethu ontbied. Hy sê polisiebeamptes het op die verdagte, ‘n Zimbabwiër, en die lyk van ‘n 62-jarige man afgekom. Die oorledene is verskeie kere met ‘n mes gesteek.
TimesLive berig die verdagte het die oorledene se hart uitgesny en dit met ‘n mes en vurk sit en eet toe die polisie by die toneel opgedaag het. Volgens die berig was die oorledene in ‘n verhouding met die verdagte se voormalige meisie en was ‘n liefdesdriehoek glo die motief vir die moord.
Die slagoffer se meisie het aan die polisie gesê haar voormalige kêrel het die huis, waar sy en Mbuyiselo Manona (62) woon, besoek. Hulle het glo almal saam gesels voor hy vir haar geld gegee het om drank te gaan koop. Met haar terugkeer het sy Manona se liggaam gevind. Bure het glo deur die huis se vensters geloer en gesien hoe die verdagte Manona se hart uitsny en dit eet.
“Die hele situasie was mal. Ons het vir hom geskree om op te hou, maar hy het nie geluister nie,” het een van die bure aan die Cape Times gesê. “Selfs toe die polisie opgedaag het, was hulle te bang om die huis binne te gaan. Mens kan hulle nie regtig blameer nie – hoe gaan mense in ‘n kamer in waar iemand se bloed uit ‘n ander man se mond uit drup?”
Die verdagte sal Donderdag in die Athlone-landdroshof verskyn op aanklag van moord.
Ek kan dit net beskryf as afgryslik, barbaars en skokkend. Daardie gedrog moet beslis uit die samelewing verwyder word.
Het die mense begin wegkwyn…….? Die dat die monsters en gedrogte oorneem?
Hierdie is so barbaars. Klink byna soos satanisme?
Maar ek mag verkeerd wees? Ek bedoel, selfs nie eens jou gewone krimeneel sal sy slagoffer se hart eet nie.
Of dalk was hy maar net honger?
Wel hy gaan beslis nie meer die dame wat betrokke is se hart kan breek nie…………………dis onmenslikom te dink daar is sulke tipe mense om ons!
Dis nie iets nuut nie. Google die Ierse non wat in 1952 in Oos-London vermoor en ge-eet was. Lees dit slegs as jy ‘n sterk gestel het.
Die verdagte is ‘n Zimbabwiër – how else met ‘n mal president – hulle leer mos hul wreedhede by hom en sy weermag. Mos al baie keer programme van dit op Carte Blanche ens gesien! En hy sal weer op ‘n manier loskom!