Man vas ná hy glo onwettige jagter op plaas doodskiet

(Argieffoto: Unsplash)

Die polisie in Mpumalanga het ʼn 48-jarige man in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn man, wat vermoedelik onwettig op ʼn plaas in die Bethal-distrik gejag het, doodgeskiet het.

Luidens ʼn polisieverklaring was die 35-jarige onwettige jagter Sondag omstreeks 08:30 saam met nog op ʼn man op die plaas. Kol. Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder, sê volgens die beskikbare inligting is verskeie skote op die man gevuur.

“Met hul aankoms op die plaas is die lewelose liggaam van die slagoffer met beserings aangetref. Mediese werkers het hom ongelukkig op die toneel dood verklaar,” sê Mdhluli.

“Die verdagte was ook op die toneel, in besit van ʼn vuurwapen wat glo in die skietery gebruik is. Drie leë patroondoppies is ook daar gevind.”

Die man is in hegtenis geneem en sal na verwagting Dinsdag in die Bethal-landdroshof verskyn. Die polisie het beslag gelê op sy vuurwapen wat nou vir ballistiese toetse gestuur gaan word.

Die polisie se voorlopige ondersoek dui daarop dat die vriend wat saam met die man was, ongedeerd weggekom het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Casper ·

Hier is weereens ‘n sprekende voorbeeld van dubbele standaarde.Wat word van die onwettige jagter wat gevlug het.Wat soek hulle op ‘n plek waar hulle nie veronderstel is om te wees nie.Wat het aanleiding gegee tot die skietery.Dit is omdat onwettige jagters besef hulle is bo die wet verhewe en die polisie doen nie veel om boere by te staan tydens hierdie misdade nie.

Michael ·

Daar bestaan nie iets soos n onwettige jagter nie dit is ‘n onwettige betreder of ‘n wild dief.

Eugene ·

Hierdie is dinge wat my brein te klein voor is. Die land vergaan onder kriminele en die gereg wy sy aandag om die wat hulself verdedig as kriminele te hanteer. Plaas hulle aandag gee an die werklike kriminele, maar dan weer, die is mos in beheer van die land

ES ·

Dit is ‘n hartseer dag omdat ‘n gewapende eienaar homself nie mag verdedig teen ‘n onwettige betreder wat ook ‘n wapen het nie.

Wendy ·

So ons mag onsself gladni teen gevaar verdedig nie -nou sit daai arme man in n sel tussen kriminele vir wie weet hoe lank !!!!! Ds snert en moet nou n slag bgn regkom mense is gaivol v al di onregverdige praktyke

Di ·

Ons regstelsel is lagwekkend!! Die krimineel word beskerm en die wetsgehoorsame burgers moet die gevolge dra. DIT is die grootste rekede hoekom misdaad TOENEEM met die spoed van lig.

SjN ·

Die krimineel word beskerm, die ander een moes ook omgekom het.

Misky ·

Bestaan nie so iets soos `n onwettige “jagter” nie. Dis `n krimineel wat op `n wettige plaaseienaar se grond betree.

david ·

Don’t misunderstand the Law! In every case where a firearm has been used and a person in injured or killed, by a policeman or civilian, the NPA must decide on the merits of the case after the arrest of the shooter which is mandatory! It is viewed as a serious matter someone being shot so the question of bail is weighed against many factors. The local magistrate via the PP must decide to allow the person out on bail or not! So it is theoretically possible for a policeman to overnight in jail in a shooting situation! Chances are of course it will not happen.
Where the process falls down however is where the PP for political anti- white reasons deliberately asks that no bail is allowed for a number of reasons eg risk to shooter, flight risk etc.
The point at the end is everyone must be very aware that firing a weapon at someone is a serious matter and only where you can prove self defence can you expect matters to go your way. However remember it goes about evidence and witnesses on both sides! In this case there is a witness who escaped and no doubt raised the alarm and the police arrived to find a farmer armed and a dead person whom he had shot?! You will understand the dilemma!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.