Man vas na hy glo regter se handtekening vervals

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

ʼn Beweerde bedrieër, wat sedert 2012 voortvlugtend is, is deur die Valke in hegtenis geneem.

Kapt. Anelisa Feni, woordvoerder van die Valke, het gesê Sonwabile Mthongana (36) is Donderdag in Johannesburg in hegtenis geneem.

“Mthongana word daarvan beskuldig dat hy in Junie 2012 die handtekening van ʼn regter van Oos-Londen vervals het op ʼn bevel dat ʼn mediese fonds ʼn onbekende bedrag aan lede van sy familie moes bestaal.

Mthongana het Vrydag in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Johannesburg verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

jo jo ·

Hierdie spul is slimmer as 10. Seker hulle het meer in hulle as wat google het. Hulle is altyd een voor

PW Growee ·

Dankie aan die Valke wat die glibberige krimineel vasgetrek het. Hy het seker al vergeet van sy skelmgeit van 4 jaar gelede.

Ek ·

Ag fooitog, hy leer by sy President. Hoe dan nou anders. Wat van Zuma en al sy trawante en Eskom

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.