Man vas ná hy glo renosterhoring aan Pta-polisieman wou verkoop

Die renosterhoring waarop beslag gelê is. Foto: SAPD

Die renosterhoring waarop beslag gelê is. Foto: SAPD

ʼn Polisebeampte van die Bronkhorstspruit-honde-eenheid, oos van Pretoria, het Woensdag ʼn verdagte aangekeer wat ʼn renosterhoring wou verkwansel.

Kapt. Marissa van der Merwe, polisiewoordvoerder, het Donderdag aan Maroela Media gesê die misdaadintelligensie-eenheid het inligting deurgegee van ʼn 46-jarige man wat moontlik handel wou dryf met renosterhoring.

“Ao. Koos du Plessis het die inligting dadelik opgevolg en onder die dekmantel gewerk. Hy het hom as ʼn moontlike koper voorgedoen en ʼn ontmoeting gereël. ʼn Lokval is opgestel en die man is in die Welbekend-omgewing in hegtenis geneem,” het Van der Merwe gesê.

Die polisie het op die renosterhoring, ter waarde van R100 000, beslag gelê.

Die verdagte sal na verwagting Vrydag in die Welbekend-landdroshof verskyn op aanklag van handel in renosterhoring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.