Man vas na hy glo tienermeisie verkrag

Argieffoto

Argieffoto

‘n 24-jarige man is Woensdag in hegtenis geneem nadat hy glo ‘n 14-jarige verstandelik gestremde meisie in Soweto verkrag het.

Ao. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, sê die verdagte het die meisie na bewering Dinsdagaand verkrag.

Makhubela sê die man, ‘n vriend van die familie, het na die voorval weggehardloop.

Die man is later by ‘n huis in Zola in hegtenis geneem nadat die polisie ‘n wenk ontvang het.

“Die verdagte sal binnekort in die Protea-landdroshof verskyn.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.