Man vas ná hy glo twee kinders verkrag

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

ʼn Man van Noordwes is in hegtenis geneem vir die beweerde verkragting van twee dogtertjies, onderskeidelik vyf en 10 jaar oud.

Maj. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, het gesê die 20-jarige verdagte sal Maandag in die Mahikeng-landdroshof verskyn op twee aanklagte van verkragting.

Volgens Makau het die verdagte glo Saterdag die twee meisies in ʼn veld in die Rooigrond- informele nedersetting verkrag. “Daar word beweer dat die verdagte die slagoffers gevra het om saam met hom na ʼn winkel te stap om lekkers te koop.”

Makau het gesê die meisies het hul ouers van die voorval ingelig waarna hulle na ʼn hospitaal geneem en waar dit bevestig is dat hulle verkrag is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Peet Schabort ·

En dan vertel Zuma van die ‘verskriklike’ vordering gemaak sedert 1994 . . .

Se Maar Net ·

Al vordering is sy grasdak woning wat vergroot word. Hy staar hom blind aan alles wat aangaan, want hy het soos gewoonlik nie ‘n clue wat aangaan nie.
Verkragters is in my oe moordenaars.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.