Man vas ná hy glo verkeersbeampte sleep

Argieffoto Foto: memyselfaneye (Pixabay)

Argieffoto Foto: memyselfaneye (Pixabay)

ʼn 46-jarige man is in Rustenburg, Noordwes, in hegtenis geneem op aanklag van poging tot moord en roekelose en/of nalatige bestuur.

Sers. Kealeboga Molale, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn verkeersbeampte het Dinsdagoggend ʼn wit Toyota-kombi van die pad afgetrek. “Die beampte het tydens ʼn inspeksie defekte opgespoor en sy moes die voertuig as onpadwaardig sertifiseer.”

Volgens Molale was die beampte besig om die lisensieskyf van die windskerm te verwyder toe die bestuurder van die voertuig skielik begin ry het. “Die verkeersbeampte is vir etlike meter deur die voertuig gesleep waarna sy neergeval het. Haar kollegas het die voertuig agternagesit en die verdagte het voortgegaan om roekeloos te bestuur tot die voertuig se band gebars het.”

Molale het gesê die bestuurder van die voertuig is in hegtenis geneem en sal binnekort in die Rustenburg-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Asjas ·

So wanneer is dit ‘n Toyota-kombi en wanneer is dit ‘n TAXI???

Toy ·

Ons land moet die TAXI vas vat want hulle maak net soos hulle wil. Hulle stel baie ander mense sê lewens in gevaar. Ek as n vrou was nou die dag amper met n voorwerp amper geslaan want ek het ge toet toe hy reg voor my dood sit kom staan in n draai baan. Hulle moet n bietjie sê hoeveel ongeluke word deur TAXI veroorsaak

Tony ·

Ons weet darem hy was nie blank nie anders was dit n rassistiese voorval

marianne ·

Ons as Verkeers Beamptes is in net so ‘n gevaar as Polisie Lede. Die Publiek kla wanneer ons diens doen en word gesien en hulle kla as hulle ons nie sien nie. Daar is te min Verkeers Personeel om al die paaie te beveilig. Ek is jammer vir my kollega ek ken die trauma waardeur sy gaan. Mag alle Uniform personeel veilig wees die Kers gety en mag almal wat op reis gaan veilig ry….

marianne ·

Ek verstaan jul frustrasie. As lid van die Public en as ma vrees ek ook Taxi’s – huurmotors en Vragmotors tog wil ek dit net stel :- daar is goeie en hulpvaardige Uniform draers wat trots is op hul beroepe en dan is daar die res. Daar is ook wets gehoorsame bestuurders en dan is daar die res… WAAR IS DIE REGVERDIGING VAN ‘n MOORD OP S.A.P LID OF “RAAK RY” VAN ‘n SOGENAAMDE SPIETKOP? Kan ons nie saam staan en veilig wees nie?

Eier ·

Dankie Marianne vir jou diens. Net soos enige ander beroep ia daar mense wat WIL werk en mense wat NIE wil werk nie! Ek salueer jou en die ander wat wil en trots is op jul werk. Sterkte en ‘n geseende Kerstyd vir jou!

jacques ·

Danki vir die eerlike verkeers beamptes wat hul werk so goed doen ons wardeer dit bja mag jul n geseende kersfees he

Piet Pompies ·

Ons kuier tans in PE en hier maak die mini bus Taxies net soos hulle wil. Stop enige plek, jaar, as die bestuurder in ‘n baan ry waar hy net regs mag draai sal hy reguit aanry, geen wet of orde word toegepas.

Lynette ·

Piet Pompies, hulle doen dit oral. Dis niks snaaks nie. Hulle veroorsaak ongelukke en het geen assuransie en jy moet maar die spit afbyt.

sarsie van heerden ·

Hoe is dit moontlik dat iemand saamgesleep word in ‘n voertuig terwyl hy/sy ‘n lisensieskyfie verwyder? Die beampte staan mos los van die voertuig en is dit toelaatbaar dat beamptes sekere dinge van die voertuig vewydet? Ek is nie teen die verkeersmanne nie maar ek vra net iets wat onduidelik is vir my.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.