Man vas na hy glo vrou, prokureur skiet

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

ʼn Man is in hegtenis geneem nadat hy glo sy vrou en ʼn prokureur in Theresapark, noord van Pretoria, geskiet het.

Ao. Matthews Nkoadi, woordvoerder van die polisie, het gesê die vrou het ʼn beskermingsbevel teen haar 42-jarige man. Volgens Nkoadi het die man Maandag na sy vrou se huis gegaan waarna sy ʼn prokureur gebel het.

Die man het glo sy vrou en die prokureur geskiet en albei in die bolyf gewond. Albei is in ʼn kritieke maar stabiele toestand in die hospitaal opgeneem. Die man is Dinsdag in hegtenis geneem. Volgens Nkoadi was die man uit op borg vir ’n klag van huishoudelike geweld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Chantelle ·

Goeie genade, wat nou nog. My hart gaan uit na die vrou ek glo en hoop en vertrou sy gaan herstel. Ons is almal geneig om verkeerde keuses te maak en ek hoop van harte die man word vir die res van sy lewe toegesluit. Dit is ‘n groot onreg, sy is dalk die ma van ‘n kind en nou moet die kind ook nou die trauma deurgaan. Dit is nie reg nie. Sterkte vir almal wat betrokke is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.