Man vas na hy hom as polisievrou voordoen

Foto: SAPD, Facebook

Foto: SAPD, Facebook

ʼn 24-jarige man wat in hegtenis geneem is nadat hy hom as ʼn vroulike polisiebeampte voorgedoen het, het in die Potchefstroom-landdroshof in Noordwes verskyn.

Brig. Thulani Ngubane, woordvoerder van die polisie, het gesê Moses Andile Mkhalipa se saak is tot 27 Oktober uitgestel. “Die verdagte is op 13 September in hegtenis geneem nadat hy ʼn senior polisiebeampte in Noordwes geskakel het en daarop aangedring het om begelei te word na ʼn vergadering waar ‘sy’ die nasionale polisiekommissaris moes verteenwoordig,” het Ngubane gesê.

“Die verdagte het beweer ‘sy’ is in ʼn generaal-majoor wat by die polisie se hoofkantoor in Pretoria werk en is met ʼn polisievoertuig van Klerksdorp na Potchefstroom vervoer. ‘Sy’ het aan die polisie gesê ‘sy’ moet ʼn vergadering by die Potchefstroom-hospitaal bywoon. Met hul aankoms by die hospitaal het ‘sy’ polisiebeamptes ingelig dat die vergadering tot 14:00 uitgestel is,” het Ngubane gesê.

Die verdagte het hierna versoek dat ‘sy’ na Potchefstroom-dam geneem word. Ngubane het gesê dit is hier waar hulle vasgestel het dat daar geen rekord is van ʼn bespreking nie en dat die majoor-generaal wat die verdagte hom as voorgedoen het reeds in ʼn vergadering was met die nasionale polisiekommissaris en die provinsiale kommissaris.

“Die verdagte is na die Potchefstroom-polisiestasie geneem waar ‘sy’ ondervra is en gevra is vir haar aanstellingsertifikaat.” Daar is later vasgestel dat die verdagte vroeër in die Vrystaat in hegtenis geneem is nadat hy hom ook as ʼn polisiebeampte voorgedoen het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Rieks ·

Ons land bestaan in elke geval uit baie meer “lede van die polisie, weermag, verkeer” as wat daar salarisse voor betaal word! Hierdie is maar net nog ‘n geval van ‘n baie slinkse lid van die gemeenskap en het 98% met die slenter weg gekom. Verbaas dat sy/hy gevang is – gewoonlik gaan alles mos weg met KFC :-D

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.