Man vas ná hy jok oor gewapende roof by sy huis

boeie 2Die polisie in Kaapstad het ʼn man in hegtenis geneem op aanklag van meineed nadat hy glo gejok het oor ʼn gewapende roof by sy huis.

“ʼn 39-jarige man van Endlovini in Khayelitsha het die polisie Sondag omstreeks 06:15 gekontak om ʼn huisroof aan te meld,” het kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die man het beweer drie onbekende mans het by sy huis ingebreek, hom met ʼn vuurwapen gedreig en sy selfoon en beursie gesteel. Nadat hulle glo gehoor het hy het ʼn motor, het hulle hom glo verder gedwing om hulle na die motor te neem waar hy dit in Blok 39 parkeer. Terwyl hulle glo wou wegry, het hulle vasgeval en die voertuig verlaat.”

ʼn Deeglike ondersoek deur speurdersersant Nceba Gojo het egter bevind dat die man ʼn valse verklaring afgelê het. “Die polisie het vermoed die verdagte het ʼn maatskappymotor gebruik en was by ʼn ander plek toe hy glo na bewering beroof is.”

Die man is Maandag in hegtenis geneem en het Dinsdag in die Khayelitsha-landdroshof verskyn, het Van Wyk bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Peet Schabort ·

“Jok” ? Waarom nie die woord “lieg”?
Ek het geleer dat “jok” ‘n versagtende vorm van ” lieg” is en afgelei is van die engelse “joke”. Dus om ‘n grap te maak.

Winston ·

Ja ek stem saam. Bedrieg of lieg is al wat hier sal werk. Of het hy net die laaste biki roomys in die yskas gevat en daaroor “ge jok”? Siestog. Seker sy mense reg om te lieg en bedrieg

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.