Man vas na hy polisieman met spies steek

Argieffoto Foto: SAPD

Argieffoto Foto: SAPD

ʼn Man is in hegtenis geneem nadat hy ʼn polisiebeampte met ʼn spies gesteek het by Vryheidpark naby Rustenburg in Noordwes.

Brig. Thulani Ngiubane, woordvoerder van die polisie, sê polisiebeamptes het die gebied besoek ten einde stabiliteit te bring voor volgende week se verkiesing. “Gedurende die operasie is een verdagte in hegtenis geneem nadat hy ʼn polisiebeampte met ʼn spies in die bors gesteek het.”

Ngubane sê die polisiebeampte se koeëlvastebaadjie het sy lewe gered. Hy sê daar is ook ʼn mes en dagga in die gearresteerde man se besit gevind. “Hy is in hegtenis geneem en aangekla van poging tot moord en die besit van ʼn gevaarlike vuurwapen en dagga.”

Ngubane sê die man het tydens sy arrestasie met die polisie handgemaan geraak en is in die proses beseer. Hy is tans onder polisiebewaking in die hospitaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.