Man vas ná hy sewe met mes aanval tydens moordtog

mes-aanval

Argieffoto

ʼn Oos-Kaapse man het Woensdag in die hof verskyn nadat hy glo drie mense met ʼn mes doodgesteek en vier ander ernstig beseer het.

Nkosinathi Pepe (33) het vlugtig in die Centane-landdroshof verskyn op aanklagte van moord, poging tot moord, brandstigting en die onwettige besit van ʼn vuurwapen. Hy sal in aanhouding bly tot sy volgende hofverskyning op 28 April.

Pepe het na bewering op Goeie Vrydag by die huis van ʼn vrou in die Nkelekethe informele nedersetting ingebreek waar hy haar met ʼn mes doodgesteek het. Hy het ook die vrou se skoondogter met die mes aangeval voordat hy die huis aan die brand gesteek het. Pepe het daarna nog twee ander huise in die nedersetting geteiken, waar hy twee mense doodgesteek en hul huise ook aan die brand gesteek het.

Kapt. Jackson Manatha, polisiewoordvoerder, het gesê Pepe het vermoedelik ook vier ander mense aangeval. Hulle is met ernstige beserings na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas.

Gemeenskapslede het intussen die man aangekeer en met stokke geslaan.

ʼn Polisiebeampte wat nie aan diens was nie het die oproer gehoor en tussenbeide getree. Hy het Pepe ontwapen en ʼn einde aan sy moordtog gebring. Die beampte het ook verhoed dat hy verder deur die woedende inwoners aangerand word. Volgens Manatha is die motief vir die aanvalle nog nie bekend nie.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Pierre Celliers ·

Gewoonlik nie ‘n motief nie, dis maar net die moordlus wat oorneem!

Boesman ·

Hoekom moes die polisieman nou die skare se “fun” onderbreek?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.