Man vas ná hy vrou glo by kitskosrestaurant aanrand

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn 46-jarige man is in hegtenis geneem nadat ʼn vrou Vrydag in die vroeë oggendure in die deurrybaan van ʼn kitskosrestaurant in Bloemfontein glo aangerand is.

Kol. Thandi Mbambo, woordvoerder van die polisie, sê die verdagte het homself aan die polisie oorgegee en is in hegtenis geneem nadat die polisie hom opgespoor het.

Volgens Mbambo het die voorval Vrydag in die vroeë oggendure by die Willows Fast Food-restaurant gebeur. “Daar word beweer ʼn 29-jarige vrou was in die deurrybaan toe sy vir die voertuig voor haar toeter geblaas het om vorentoe te beweeg. Die bestuurder van dié voertuig het glo uit sy motor geklim, na die slagoffer se voertuig gestap en haar aangerand voordat hy haar motorsleutels weggegooi het,” sê Mbambo.

Die voorval is by die Parkweg-polisiestasie aangemeld en ʼn soektog na die vermeende aanrander is van stapel gestuur.

Volgens Mbambo sal die verdagte binnekort in die plaaslike landdroshof verskyn op aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Lt.genl. Moeketse Sempe, provinsiale polisiekommissaris in die Vrystaat, het die voorval veroordeel en gesê dit is veral betreurenswaardig dat so iets gebeur te midde van die 16 dae van aktivisme teen geweld teenoor vroue en kinders.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Jacques ·

Natuurlik sal die polisie die man opspoor as hy homself oorgee . Die man staan dan reg voor hulle , die polisie soek nie so goed soos wat die berig dit laat lyk nie .LOL

Maljan ·

Of dit is n witman wat hom nie deur beauty wou laar aanjaag nie. Die teen kolonialistiese mense stroom daagliks na die kolonialistiese instellings en omdat die paddaman se mense die plekke beman, verwag hulle almal moet pad maak vir hulle. Net eenkeer getoet?

sus ·

Klink my SAPS in die Vrystaat is nog slegter as dié in Gauteng, want hoe maklik is dit om iemand te arresteer as hy homself oorgee? …

Sal maar sien as ek Desember in Bloem ‘n draai maak ….

TS ·

Ek sal ook graag beide kante wil hoor . Stress loop hoog die tyd van die jaar. Almal is moeg en geirriteerd. N mens verloor baie gou jou humeur vir klein goedjies.

Nadia ·

Gee die man ‘n chill pil… Rerig nie nodig om hand gemeen te raak nie!!! veral ni teen ‘n vrou nie!!! Hoekom vat mans altyd ‘n vrou aan?! Pad woede raak erger by die dag net soos geweld teen vrouens… Maar as hy net voorentoe gery het soos hy Moet sou sy ni nodig gehad het om die toeter te druk ni! word wakker in jou kar man! Dis soos ‘n lig wat groen slaan dan ry die ou voor jou nie…

Eunice Smit ·

Dit is duidelik dat die ou nie lees of ag neem daarop dat soveel mense dink hul kan wegkom met aanranding op ander mense in motors. As hy homself nie oorgegee het nie sou hul hom in ieder geval opgespoor het.

LouE ·

Ek kry gereeld ‘n middelvinger van ‘n vrou in die verkeer. Hulle kan dit wys, want hulle weet dat niemand hulle gaan wiks nie. En as jy sou waag om iets te doen, het die hele wereld simpatie met die arme dame. Daars altyd twee kante aan ‘n storie.

Binx ·

My seun is ook by n deurry van n kitskos restaurant aangerand hier in Vanderbijlpark. Die man het beweer tekens is vir hom gewys. Onwaar. Omstanders en werkers het gesê man het net uitgespring en kind so deur venster bygedam. Op ou end het hy in hospitaal opgeeindig met harsingskudding en oog beskadig. Mense raak mal. Sien deesdae way te veel mense wat kwaad raak vir ander omdat hulle haastig is. Chill mense, hou op om so deur die lewe te jaag. Geduld en verdraagsaamheid sal dalk nog jou lewe red. As jy soos n mal moerbei agter die stuur aangaan is jy die enigste een se bloeddruk wat klim, die ander persoon hoor nie as jy so op hom skel nie. Beware…be aware of your temper. Safe a life…your life…CHILLAX

TS ·

Laat die man sy kant stel. Almal is kort van draad en moeg die tyd vd jaar . Hy was verkeer maar die vrou was ook dalk verkeer en onnodig.

Sê maar net ·

Ja nee die ‘christmast spirit’ die tyd van die jaar…
Snert man. Daar is maar net bullebakke en ongepoetse mense op ons paaie, mans en vrouens, wit en swart. Daar moet van hulle voorbeelde gemaak word.
Alhoewel ek ook graag die man se ka t wil hoor hoekom dit regverdig was om die vrou aan te rand. Ek is ook jare terug aangerand hoekom ek nie vorentoe wou (eerder kan) beweeg het nie want slim piet staan toe in die middel van ‘n kruising.

honourable member ·

Hoor maar eers beide kante van die storie. Party mense kan maar lekker irreterend wees.

SjN ·

Die 29 jarige vrou was seker baie honger in die vroee oggend ure, die man se optrede deur haar aan te rand is onaanvaarbaar maar sal graag sy kant van die saak ook wil hoor.

sandra ·

Mense is ook te vinnig om op die toeters te klim, ek raak ook witwarm as iemand sy toeter as my druk. Sover ek geleer het is ‘n toeter ‘n waarskuwingsmeganisme…

Chris Ws ·

As iemand agter my vir my toeter druk sit dit my gedagte gang net mooi in tru rat.Dan gaan ek doelbewus tydmors.Dit het dieselfde uitwerking as wanneer iemand op my voertuig se “bumper” ry – dan verminder ek net my spoed tot die persoon eendag very kom en glimlag vriendelik vir hom.

Pop ·

Jaques jy het my dag gemaak. Ek het so gelag dat ek trane moes afvee.

Anoniem ·

Jou toeter gebruik jy om iemand te waarsku nie om iemand aan te jaag nie. Ek sou eenfoudig my motor afgesit het en haar laat staan. Mense druk ook toeters om jou aan te moedig om voor verkeer in te ry, want mr en mev wil net jaag.

Theresa B ·

Alles word nou weer uit verband geruk. (Gaap)
Die vrou kon ook maar geduldig haar beurt afgewag het. Ek glo nie die man sou nou die hele aand op een plek bly staan het nie. Maar tipies. Arrogansie is aan die orde van die dag en jy moet buig voor hulle. Hoekom – want hulle mag en kan doen net wat hulle wil!

PJC ·

Daar is geen verskoning vir aanranding nie en iemand wat vrouens aanrand het ń ernstige sielkundige probleem. Ek hoop hierdie ou woed behoorlik gestraf.

Charlene ·

Ag, wat wou. As almal net doen wat hulle moet en bietjie verdraagsaamheid aan die dag lê, sal dit ook help.

As jy in die ry staan by die Poskantoor en dit is oop by die toonbank, maar die ou voor jou beweeg nie, dan gaan jy seker hom daarop attent maak? Net so by ‘n deur-ry.

Jy het GEEN verskoning om ooit ‘n vrou aan te rand nie.

Justice ·

Dit klink vir my eerder asof die man daardie tyd van die vroee oggendure aan die slaap moes geraak het agter die wiel.

Boet Fasie ·

Wat het van gelyke regte en gelyke behandeling geword. As mens wil waag om toeter te blaas moet jy die gevolge dra, te veel mense misbruik hulle toeters .

Boet Fasie ·

Ag sy het seker toeter vir die hoendertjie gedruk , bang die hoender loop oor die pad, siestog.

Karolis ·

Ek het vir ‘n rukkie gesit en dink en so in my geestesoog gesien hoe frons hierdie vrou en beur teen die sitplek om die toeter so hard as moontlik te druk.
Waarom?
Was dit rerig nodig?
Is jou lewe so gejaagd dat jy leed in die jaagproses moet deurmaak?
Dit bly verkeerd om iemand aan te rand.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.