Kapt. Malcolm Pojie, woordvoerder van die polisie, sê die 46-jarige man is Dinsdagaand op die R102 naby Voorbrug in hegtenis geneem.
Die polisie was op die verdagte se spoor en het ‘n wenk ontvang dat hy op pad was Bloemfontein toe.
Die man en ‘n medepligtige het glo Maandag die 56-jarige vrou in haar huis in Sandhoogteweg aangeval. Pojie sê die mans het haar met ‘n mes gedreig en geld geëis.
“Die man het haar keel met die mes oopgesny toe sy geweier het om hom te wys waar die kluis is.”
Pojie sê die vrou het vir die mans gewys waar die kluis is en hulle het met ‘n onbekende bedrag kontant gevlug.
Die vrou is in ‘n ernstige maar stabiele toestand in die hospitaal opgeneem.
Pojie sê die verdagte sal Vrydag in die Mosselbaai-landdroshof verskyn. Die polisie soek intussen nog na sy medepligtige.
Dalk moet hulle nou sy keel oop sny vir sy straf…maak mens dem@er hierdie dinge. En tog is ons hande afgekap!!