Man vas na hy vrou se keel oopsny tydens roof

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

‘n Man is in hegtenis geneem nadat hy glo ‘n vrou in haar huis in Grootbrakrivier naby Mosselbaai in die Wes-Kaap beroof het en haar keel met ‘n mes oopgekloof het.

Kapt. Malcolm Pojie, woordvoerder van die polisie, sê die 46-jarige man is Dinsdagaand op die R102 naby Voorbrug in hegtenis geneem.

Die polisie was op die verdagte se spoor en het ‘n wenk ontvang dat hy op pad was Bloemfontein toe.

Die man en ‘n medepligtige het glo Maandag die 56-jarige vrou in haar huis in Sandhoogteweg aangeval. Pojie sê die mans het haar met ‘n mes gedreig en geld geëis.

“Die man het haar keel met die mes oopgesny toe sy geweier het om hom te wys waar die kluis is.”

Pojie sê die vrou het vir die mans gewys waar die kluis is en hulle het met ‘n onbekende bedrag kontant gevlug.

Die vrou is in ‘n ernstige maar stabiele toestand in die hospitaal opgeneem.

Pojie sê die verdagte sal Vrydag in die Mosselbaai-landdroshof verskyn. Die polisie soek intussen nog na sy medepligtige.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

ekke ·

Dalk moet hulle nou sy keel oop sny vir sy straf…maak mens dem@er hierdie dinge. En tog is ons hande afgekap!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.