Man vas ná hy vrou skiet

Argieffoto

Die Cullinan-polisie, oos van Pretoria, het Maandag ʼn middeljarige man in hegtenis geneem nadat hy glo Sondag sy vrou geskiet het.

Konst. Connie Moganedi, polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het Sondag omstreeks 09:00 in Refilwe, in die noorde van dié myndorpie, plaasgevind.

“Volgens ʼn buurman het hy nog gelê en slaap toe hy wakker geword het van ʼn bakleiery. Die verdagte en sy vrou het glo rusie gemaak waarna die ooggetuie skote hoor afgaan het,” het Moganedi gesê.

Die buurman het ander bure se hulp ontbied, waarna hulle die 30-jarige vrou in ʼn kritieke toestand aangetref het. Haar man het ná die skietery op die vlug geslaan. ʼn Ambulans is ontbied en die vrou is na ʼn plaaslike hospitaal geneem.

Die oorsaak van die rusie is onbekend en vorm deel van die polisie se ondersoek.

Die verdagte moet binnekort in die Cullinan-landroshof verskyn op aanklag van poging tot moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Irene ·

Ag toe nou elke huis het sy kruis Hoop die persoon het a lisensie vir skied ding

LB S ·

Of hy nou ‘n lisensie het of nie, dit is NIE hoe die kruise in die huise opgelos moet word nie!

Frik ·

‘n Ooggetuie, seg Maroela. Ek lees dat die ou die stryery en skote net gehoor het.

Jy is reg ·

Jy is reg Frik, hy lê in die bed en hoor wat aangaan en is ook ‘n ooggetuie??

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.