Man vas ná inbraak by Pta-kerk

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 27-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy glo oor die naweek by ʼn kerk in Pretoria ingebreek en dit besteel het.

Kapt. Bonginkosi Msimanga, polisiewoordvoerder, het gesê die Hercules-polisie in die weste van Pretoria was Saterdag besig met roetinepatrollies in die Daspoort-omgewing toe hulle die verdagte omstreeks 19:40 langs die pad opgemerk het.

“Hy het verdag opgetree en ʼn mikrogolfoond en ʼn verwarmer in sy besit gehad. Die polisie het die man ondervra en hy kon nie behoorlik verduidelik hoe hy aan die items gekom het nie,” het Msimanga gesê.

Hy is dadelik in hegtenis geneem op aanklag van die besit van beweerde gesteelde eiendom. Daar is later vasgestel dat hy glo by die Metodistekerk in Daspoort ingebreek het.

“Die hek is van sy spoor af gelig waarna die stoorkamer se deur oopgedwing is. Personeel by die kerk is daarna van die inbraak ingelig en ʼn bykomende saak van inbraak is aanhangig gemaak.”

Die man moet binnekort in die Pretoria-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

pop ·

Mnr Msimanga se asb vir daai polisie lid ons is trots dat hy so wakker was en daadwerklik opgetree het.

SNEL ·

Hy doen dit want hy dink die Here is nie n werklikheid nie, so om in die Huis van die Here in te breek is vir hom niks. Skandelik dat iemand so laag kan daal, maar wag nou dat ek so dink, daar is seker baie van ons wat ook in die kerke sit en ook steel van die Here deur tiendes wat nie gegee word nie (diefstal), of hulp wat verleen kan word en verskoning wat dan uitgedink word om dit vry te spring (leuens). So sy inbraak by die kerk klink erg, maar as ek nou mooi daaraan dink kan ek nie n klip gooi nie. Ons sit in die banke van die kerk en weet die Here is n werklikheid en dit keer ons nie eers om te doen wat ons weet is reg nie; ons vat lelike kanse.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.