Man vas ná inbraak by Stellenbosch-speurtak

Marli van Breda. Foto: Verskaf

Marli van Breda. Foto: Verskaf

Die polisie in die Wes-Kaap het bevestig dat ʼn man in hegtenis geneem is in verband met ’n inbraak by die Stellenbosch-speurtak, wat die bylmoorde op die Van Breda-gesin ondersoek.

Lt.kol. Andre Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê Jonathan Abrahams (21) is in hegtenis geneem in verband met die voorval waartydens toerusting en ander items gesteel is. Volgens Traut is daar op van die gesteelde goedere beslag gelê. Abrahams het reeds twee keer in die hof verskyn op aanklag van huisbraak en diefstal. “Die moontlikheid van nog inhegtenisnemings word nie uitgesluit nie.”

Martin van Breda (55), sy vrou, Teresa (54), en hul seun Rudi (22) is in Januarie in hul huis op die De Zalze-gholflandgoed in Stellenbosch met ʼn byl vermoor, terwyl hul dogter Marli (16) en seun Henri (20) die aanval oorleef het. Marli is ernstig beseer in die aanval.

Marli het intussen teruggekeer skool toe en volgens adv. Louise Buikman, haar regsverteenwoordiger, is onderwysers verstom oor haar vordering. “Sy het weer heeltyds skool toe begin gaan nadat dit duidelik geword het sy kan haar skoolwerk hanteer en dat dit fisies moontlik is om ’n vol skooldag te hanteer.”

Volgens Buikman is Marli “verheug om terug te wees by haar vriende”. Marli skryf egter nie tans eksamen nie aangesien sy te min by die skool was. Sy het dosente wat vir haar ekstra klasse gee om haar te help om op te vang.

Klik hier vir alle vorige berigte oor die Stellenbosch-bylmoorde op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Johan Viljoen ·

Vir die beste wil in die wereld kan ek nie sien wat die diefstal van goed uit die polisiestasie met die moorde te doen het nie. Is dit dalk met om te bewys dat die betrokke polisie onbekwaam is, ons weet dit in elkgeval

Paplepel ·

Nou is ek deurmekaar. Waaroor gaan die berig nou eintlik? Die inbraak of die Van Bredas? Ek sien nie dat daar ‘n verbinding tussen die twee is anders as die gebou nie. Dis behoorlik of die beriggewer nie genoeg inligting het om die inbraak berig op sy eie voete te laat staan nie. Het die inbreker iets van die Van Breda saak gesteel? Sê dan so.

Knersus D ·

Paplepel, as ek ‘n stelling mag maak, dink ek dat Henri een van die verdere “inhegtenisnames” gaan wees. Ek verstaan ook waarom Maroela media dit nie pertinent stel nie. In vorige berigte is dit genoem dat daar van die Breda saak se bewysstukke en dockets gesteel was.

NEL ·

Wonder wat die volgende gaan uitkom aangaande die moord op die van Breda gesin.
Moord word gepleeg in Januarie 2015. Inbraak kom 23 Junie 2015 en geen bevetiging dat van die dosiere gesteel is nie.Op 11 Junie 2015 is daar nog geen vordering in die saak vir ‘n moontlike arrestasie nie.

Hoe pateties wil ons geregsdienaars wees. Breek in by ‘n polisie stasie, waar kom die inlingting van daan waar die bewys stukke geplaas is wat konsuis die ondersoek belemmer.

Vir 5 maande was daar geen vordering nie, so ons moet aanneem dat daar nou geen vordering gemaak kan word om ‘n arrestasie te maak nie.

Bring Piet Byleveldt terug , maak hom hoof van die polisie , dan sal dinge gebeur…………

nanika ·

Maroela ek het van julle gehou totdat julle nou begin het met hierdie walglike advertensiebaniere wat flikker en flikker tot dk dit gedwonge moet sluit. Ek weet julle wil geld maak maar daar is min goed wat my so walg as advertensies wat op my afgeforseer word. Kan jul nie ‘n meer beskaafde manier vind om te adverteer nie. As jul aanhou met d baniere hou ek onmiddellik ip maroela lees.

zahn ·

Dankie. Baie baie dankie. In stede dat jy dit met hulle self opneem, verkies jy om dit hier te doen, waar dit niks met die artikel te doen het nie. Nou irristeer dit my ook. Ek dog ek is tegnologies gestremd, maar jy is ‘n bitterpil, wat my lewe nou ook versuur!!! Nee, ek bedoel dit nie so erg nie, maar ek het al vir hulle self emails gestuur, en hulle antwoord altyd. Kyk heel bo, in die bruin strepie, is daar ‘n hofie, kontak ons. Traai daar

Narike ·

Gaan stel jou internet opsies, ek het geen probleem nie. En hou op moun.

june ·

Jy kan adblock aflaai van internet, dit sal al die lastige advertensies blok.

Dave ·

Wel nanika, hier’t jy nou ‘n paar menings gehoor waarvan almal sê dat jy nie gemis sal word as jy ophou Maroela lees nie. Of hou op met nàg.

neelsie ·

Marli jy is’ n ” vasbyter”
Sterkte en seen vir jou!

magriet ·

Ek wil net weet hoekom Mareli se saak by die inbraak tot die perseel wat o.a. haar saak ondersoek gevoeg word in hierdie berig. Ek is van mening dat dit twee aparte insidente is, dis tog seker nie al waarop hierdie tak hulle kan roem nie?

Dave ·

As jy meer gereeld nuus lees sou jy weet dat dit verband hou.

Henk ·

Waarom was die bewysstukke nie in ‘n kluis toegesluit of by forensies soos deur polisie staande orders en regulasies voorgeskryf word nie?
Watse dissiplinere optredes word daar teen die onbevoegde lede geneem wat hierdie bewysstukke in ‘n kantoro laat le?
Hierdie saak is soos met verskeie ander sake die afgelope paar jaar net nog ‘n voorbeeld van hoe ruggraatloos die polisie geraak het.

Henriette Cowley ·

As Piet Beyleveld op hierdie saak was, was die moordenaar(s) al lankal agter tralies!!!! Die familie kan mos aanvra vir die beste….of beskerm hulle die familie (lid )self?

Leeutjie ·

Nou wonder ek oor die Jonathan Abrahams en die verbintenis met die familie. Dalk ‘n kindervriend?? Ai ek hoop maar ek is verkeerd!! Hoekom sal ‘n 21 jarige (toepaslike ouderdom) geinterreseerd wees om van die saak goed te steel??

pop ·

Die een het niks met die ander te doen nie. Maar net nog n inbraak, Ek verstaan nie hoekom dit saam met Marli se saak genoem word nie

Retha ·

Knersus D, jy is reg. Bewyse teen die persoon is gesteel. Hopelik is hy binnekort agter tralies vir lank.

Morne ·

Kan julle uitvind of sy of haar familie enigsins hulle adres op fb plaas en hulle welvaart en besittings op publieke webtuistes pos, ek wil kyk of daar moontlike verband hou met die platform se inligtings verspruidings metodes. Vriendelike groete.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.