Man vas ná jagtog op wildplaas

plaas-polisie-veld

Argieffoto

Die Limpopo-polisie het Donderdag in die vroeë oggendure ʼn middeljarige man in hegtenis geneem nadat die karkasse van tien bokke en ʼn volstruis in sy besit gevind is.

Kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die man is op ʼn wildsplaas langs die R71 in die Letsitele-omgewing, oos van Tzaneen, in hegtenis geneem.

“Veiligheidswagte van die plaas het op inligting gereageer dat daar moontlik stropers op die plaas is. Hulle het gaan ondersoek instel en ʼn verdagte blou Mazda-bakkie opgemerk,” het Ngoepe gesê.

“Die wagte het die bakkie genader. Ses verdagtes het van die bakkie gespring, die bestuurder agter gelaat en te voet die veld in gevlug. Die bestuurder het probeer wegjaag, maar is agternagesit en is vasgetrek.”

Die wagte het intussen die polisie ontbied. Toe die polisie by die toneel opdaag het hulle die karkasse van een koedoe, een volstruis, ses rooibokke en drie njalas op die bakkie gekry en daarop beslag gelê.

Die verdagte is op die toneel in hegtenis geneem en moet binnekort in die Tzaneen-landdroshof verskyn op aanklag van onwettige jag. ʼn Soektog na die ses ander verdagtes is van stapel gestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Valie ·

Hierdie was skiet vir geldelike gewin, nie om te eet nie. Sleg.

Ellisras ·

Veiligheid wagte. Die sê alles. Boere moet nou veiligheid wagte he om op te pas. Dit kos geld. Baie geld. Dit voeg nie waarde toe nie. Jy kry geen ekstra geld vir jou produk nie.

Attensie ·

Maroela ek maak beswaar oor julle artikel se opskrif, jag is ‘n wettige praktyk, stroping is onwettig – om stropers se werk’ n jagtog te noem beledig die duisende wetsgehoorsame jagters in ons gemeenskap. Verander dit asseblief.

Shaun ·

Stem saam . Moet seker lees ” jaagtog ” ? Stel reg asseblief

Anoniem ·

Stem saam Attensie. Hierdie was beslis nie ‘n jagtog nie, maar wel wildstropery. Die opskrif van die artikel ontlok net reaksie en beledig en stel wettige jagters in ‘n swak lig. Nog skietgoed vir groenes.

Elsa ·

Hoop die boer kan biltong maak en dit verkoop. Dit sal nie oopmaak vir die diere wat dood is nie, maar die vleis gaan nie verlore

PIKKEWYN ·

Ongelukkig kry die boer nie die vleis nie – die polisie het daarop beslag gele

Shaun ·

Net n klip in die bos . Gistraand kyk ek nuus . Daar word toe gesê dat die klagtes teen 4 WIT mans in Middelburg teruggetrek word wat twee mans aangerand het , waarvan een gesterf het . Maar die ras van elke ander persoon ( soos hierdie berig ) word nie genoem nie ?

Anna marie ·

Wys-die-flippen nommerplaat…. .ons ja ons mag mos nie. Die die we het mos regte??

Anoniem ·

Nou waar is al daai kommentators wat n eiertjie te le gehad het oor die meisie wat die kameelperd WETIGLIK gejag het.

Frans ·

Daardie vleis hang lankal in n stoor of klaar opgesny vir biltong of pap en nyama sulke bewyse kan mos nie gestoor word nie .

Boerin ·

En ek wat op n plaas bly, smag na n njala om in my groot hard aan te hou, maar kan dit nie bekostig nie!
Hier by ons by Alldays, is dit weer jag met honde en die wreedste, strikke!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.