Man vas ná kaping in Durban

Foto: Marshall Security

ʼn Man is in hegtenis geneem ná ʼn kaping Dinsdagmiddag in Riversideweg in Umgeni, Durban.

Kyle van Reenen, woordvoerder van Marshall Security, het gesê veiligheidsbeamptes is kort ná 15:00 na ʼn vulstasie in Old Millweg ontbied toe ooggetuies gesien het hoe ʼn man in ʼn motor ʼn vuurwapen op die bestuurder rig.

“Beamptes is dadelik ontplooi en verdere ondersoek het bepaal dat die man ʼn egpaar in Riversideweg in Umgenipark gekaap het,” het Van Reenen verduidelik. “Die man het die bestuurder van die motor glo gedwing om na die vulstasie te ry om geld uit die kitsbank te onttrek.”

Die verdagte wou te voet vlug en is aangekeer deur beamptes van Marshall Security. “Hy het ʼn vuurwapen en patrone by hom gehad,” het Van Reenen gesê.

Die man is in hegtenis geneem. Die polisie stel verder ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Cherokee ·

‘n Wit kaper? Dit is nuus. Sowat 5 kilos van waar ek woon. Reg langs die Umgeni rivier.

JK ·

Hoe stupid – soek liewer werk of staan by die robot en bedel

paula ·

As ek na die foto kyk is hierdie nou maar net weereens n bewys dat “crime nie n colour” het nie.

Gesie ·

Hoekom wys hulle foto’s van die “wit” kaper, maar ons sien bitter min foto’s wanneer dit ‘n “anderskleurige” kaper is nie! Vra maar net?

tamboti ·

Natuurlik moet ons poog om die ware demografie van die land op misdaad gebied ook te handhaaf, anders is ons mos rassisties.
WAT julle almal moet besef, ons jeug kyk daagliks na flieks en speel games waarin die hooftema misdaad is. Sonder werk en toekoms vooruitsigte in SA gaan hulle een of ander tyd hul aan misdaad begeef!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.