Man vas ná “kaping”

handcuffs3-320x257ʼn Man is Woensdag in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn valse kapingsaak in Johannesburg aanhangig gemaak het.

Volgens ao. Xoli Mbele, ʼn polisiewoordvoerder, het die 55-jarige man Dinsdag die saak by die polisie in Fordsburg aangemeld. “Die man is na die toneel geneem waar hy beweer die kaping plaasgevind het,” het Mbele gesê. “Die man het egter hier sy storie verander. Hy het aan die polisie genoem die motor is gesteel en hy was bang dat sy baas met hom sou baklei.”

Mbele sê die man het glo nie toestemming gehad om in die omgewing te wees nie en het daarna die kaping, in plaas van motordiefstal, by die polisie aangemeld.

Hy moet Vrydag in die Johannesburgse landdroshof verskyn. Hy word van meineed aangekla.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

mell beukes ·

Ek glo nog steeds in die onskuld van die Griekwastadseun.
Waarom was die ander regsspan gefire toe hulle begin vrae vra het oor die pa
Ek dink die kind beskerm die pa, want onthou hulle was die model familie het nooit n four begaan nie
Jammer hulle het nagelaat om intens te ondersoek. Ek dink daai pa kon moontlik die meisie gemollesteer het en sy sou haar ma vertel en die hel het los gebars.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.