Man vas ná koeël meisie (12) in kop tref

misdaadtoneel

Argieffoto

ʼn 24-jarige man is in hegtenis geneem nadat ʼn 12-jarige meisie Sondag in Kensington in Kaapstad in die kop geskiet is.

Lt.kol. Andre Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagte is Maandag in die vroeë oggendure in Facreton in hegtenis geneem nadat speurders onverpoosd gewerk het om elke moontlike leidraad op te volg.

Volgens Traut het die skietvoorval omstreeks 13:00 Sondag gebeur toe die meisie in ʼn singel in Kensington in die spervuur beland het. Volgens mediaberigte het die meisie voor haar huis gesit toe sy geskiet is. Sy is na ʼn hospitaal gehaas.

Die skietery was vermoedelik bende-verwant, maar dit is nog nie deur die polisie bevestig nie.

Die verdagte sal Woensdag in ʼn hof in Kaapstad op aanklag van poging tot moord verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Riaan ·

Ek is só dankbaar dat hy gevang is. Baie geluk aan die polisie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.