Man vas ná komplot om vrou te vermoor

Argieffoto ter illustrasie: EMPD

ʼn Sakeman van Clarens met buitelandse burgerskap het die afgelope week in die landdroshof op dié Oos-Vrystaatse dorpie voorgekom in verband met ʼn sameswering om sy vrou om die lewe te bring.

Kamrul Hasan Mohammad Ullah Suray (28) word daarvan beskuldig dat hy ʼn plan bedink het om sy vrou te laat vermoor. Die saak is tot 23 Januarie uitgestel wanneer hy na verwagting om borgtog aansoek sal doen, sê kapt. Zweli Mohobeleli, Vrystaatse polisiewoordvoerder.

Suray kon moontlik in die beweerde plan geslaag het, as dit nie was dat speurders op Clarens en lede van Bethlehem se misdaadintelligensie-eenheid op inligting van die publiek gereageer het oor die sakeman se plan om sy vrou te laat vermoor nie.

Polisiebeamptes het Maandag op Bethlehem toegeslaan op die plek waar die huurmoordenaar na bewering sy betaling sou ontvang het. Suray is in hegtenis geneem en beslag is gelê op die kontant wat die vermeende voornemende moordenaar moes gekry het.

Moord kan nooit ʼn oplossing vir verhoudingsgeskille wees nie.

“Moord kan nooit ʼn oplossing vir verhoudingsgeskille wees nie,” sê genl.maj. Jan Tsotetsi, bevelvoerder van Bethlehem se polisiegroepering. “Om planne te bedink om te moor, sluipmoordenaars te werf en geld te ontvang vir so ʼn daad is geheel en al onaanvaarbaar.”

Tsotetsi sê die onverwante moord op ʼn buitelandse burger, Aftikar Ahmed (44), wat op 8 Desember in Bethlehem se middedorp doodgeskiet is, is intussen nog nie opgelos nie.

Hy vra enigeen met inligting oor dié oënskynlike sluipmoordaanval moet Bethlehem se speurders by 082 526 2717 bel of Stop Misdaad by 08600 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Tsotsie ·

Dit is hoekom hulle hul moorde hier kom uitvoer
Hul weet hul gaan wegkom

Tsotsie ·

Dit is hoekom hulle hul moorde hier kom uitvoer
Hul weet hul gaan wegkom
Vuilgoed

Philip ·

Nogal in Clarens en Bethlehem? Klein stil dorpies. Die uitlanders is oral en seker sonder nodige papier werk.

Karolis ·

Vra vir Kamrul of hy nie dalk iets weet van Aftikar se moord nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.