Man vas ná konstabel se koelbloedige moord

Argieffoto: SAPD

ʼn 32-jarige verdagte is in hegtenis geneem nadat ʼn Wes-Kaapse polisiekonstabel vroeër vandeesmaand doodgeskiet is terwyl hy op ʼn klagte gereageer het.

Brig. Novela Potelwa, woordvoerder van die polisie, het Vrydag in ʼn verklaring gesê ʼn ondersoekspan wat bestaan uit speurders van Khayelitsha en beamptes van die Valke het Donderdag die verdagte vasgetrek in verband met die moord wat twee weke gelede gebeur het.

Maroela Media het vroeër berig konst. Ncedo Katoyi (39), verbonde aan die polisie in Khayelitsha, het saam met ander polisiebeamptes ʼn klagte opgevolg in Gedeelte C van die woongebied toe Katoyi op die toneel deur onbekende verdagtes doodgeskiet is. Katoyi se dienspistool is ook gesteel.

“Die polisie is steeds op die spoor van die ander verdagtes,” het Potelwa gesê. Die 32-jarige verdagte sal Maandag in die hof in Khayelitsha verskyn op aanklag van moord.

Katoyi is verlede Saterdag in Cofimvaba in die Oos-Kaap ter ruste gelê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Msp ·

So sal die boere, die SAPD en vredeliewende Suid Afrikaners bly deurloop. Dis baie selde dat jy hoor die krimmenele word vasgetrek. Ek dink dis tyd dat Suid Afrika kundiges van ander lande moet huur om die krimmenele toestand te help oplos. Die regering het dit reeds te ver laat gaan en hierdie klein bose baba is besig om Suid Afrika lam te le. As die polisie, of burgers optree dan is hulle in die moeikikheid. Vredeliewende Suid Afrikaners is maar net verplig om te “hands up” sodat krimmenele kan moor, steel, verkrag, alles aan die brand steek, winkels, bottelstore, Super Markte en groot trokke plunder en leegdra en so kan mens maar net aanhou opnoem dan gee Lindiwe Sisulu nog voor dat Suid Afrika so ‘n veilige plek is terwyl sy in haar gemakstoel sit, omring met veiligheidswagte en ook geen kennis dra van wat in haar eie land aangaan nie.

Gerrit ·

Die polisie het gedink hulle kan maar slaplê, nie hulle werk doen nie nou het die kriminele agter gekom die sogenaamde polisie is maklike teikens vir vuurwapens ,so julle klomp in blou wat julself polisie noem die bal is nou in julle hande speel hom of los hom julle sien wat die gevolge gaan wees.

Joey ·

Makliker gesê as gedoen. Ons MOET kan bewys ons lewe was in gevaar, hoekom bv. 2 skote geskiet is en nie net een, hoekom nie na bene geskiet is nie maar na bolyf. So kan ek aangaan. Onthou julle moet onthou sommige van ons is wit en dan word daar nog dieper ondersoek teen jou gedoen. Terwyl jou saak hangende is is jou lewe op hold…..geen bevordering , jy skuldig tot onskuldig bewys.

Manie Strydom ·

@joey,jy het sopas Gerrit se opinie bevestig die wet sê as jou lewe direk in gevaar is kan jy die aanvaller ” multiple shots to the torso area: skiet die wet is deur die polisie opgestel,ek neem aan die polisie vir wie jy werk”asemotions is the cause of all ………….

….

Jef ·

Ai Gerrit nou hoekom wil jy nou al die polisiemense oor een kam skeer?
Hoekom sluit jy nie aan by die polisie nie want dan kan jy hulle almal vertel hoe jy dink dinge gedoen moet word.

Michael ·

Gerrit is reg hulle almal moet weer gaan vir opleiding kyk maar net hoe baljaar die kriminele in ons land en ek weet waarvan ek praat. As jou polisie diens hopeloos is regeer jou kriminele.

Gerrit ·

Ek sal my seun stuur hy is nou 8 jaar oud jy hoef nie slim te wees om in die polisie te werk nie .Die hoof van polisie het bekend gemaak dat 40 % ongeletterd is .Dit is dood eenvoudig klim van jou alie af en doen jou werk , misdaadvoorkoming is die andwoord want volgens die hoof van polisie kan net 60 % van julle misdaad ondersoek en ek her nog n vraagteken oor die bevoegdheid van die klomp ook.

Manie Strydom ·

@joey,jy het sopas Gerrit se opinie bevestig die wet sê as jou lewe direk in gevaar is kan jy die aanvaller ” multiple shots to the torso area: skiet die wet is deur die polisie opgestel,ek neem aan die polisie vir wie jy werk”asumptions is the cause of all ………….

….

Pieter ·

Die storie is al holrug gery die polisie doen nie hulle werk of hulle is te lui of te onnosel maar die feit is die polisie is afwesig en die klomp verskonings is onaanvaarbaar doen julle werk of gaan pas karre op by die mall punt.

Deon ·

Hoog tyd dat ons almal “ń polisiestasie aanneem” en ons ondersteuning bied aan die manne in blou wat met beperkte mannekrag en bronne werk. So leer ons mekaar ken en beperk saam die misdaad..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.