Man vas ná ma se borsvoeding-nagmerrie

Maggie Marx. Foto: Twitter

ʼn Wes-Kaapse ma het haar tot sosiale media gewend om bewusmaking te skep rondom die wanpersepsies en seksualisering van borsvoeding ná ʼn traumatiese ervaring by haar werk.

Maggie Marx, ʼn kommunikasiebeampte, het in ʼn blog-inskrywing vertel dat sy besluit het om haar baba te borsvoed, maar dat dit vir ʼn ma wat heeltyds werk sekere uitdagings meebring. Sy vertel dat sy die privaatheid van haar kantoor gebruik om bedags melk uit te pomp en dat haar werkgewer en kollegas haar nog altyd in hierdie verband ondersteun het.

Op 13 Junie moes sy egter buite haar gewone kantoorgebou werk en het sy vooraf gereël vir ʼn private, veilige ruimte waar sy melk kan uitpomp. Sy is egter terwyl sy dit gedoen het onwetend met ʼn versteekte kamera afgeneem. “Die oomblik wat ek die tegnologie opgemerk het wat my verfilm, het ek ʼn hele paar prosesse van stapel gestuur – nie een van hulle aangenaam nie,” het Marx gesê.

“My werkgewer het die voorval ondersoek en is besig om die saak volgens sy beleid te hanteer. Ek het ook ʼn saak by die polisie aanhangig gemaak.”

Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig ʼn 38-jarige man is in verband met die voorval in hegtenis geneem. Hy het Maandag in die Wynberg-landdroshof op aanklag van crimen injuria verskyn.

Marx het beklemtoon dat haar werkgewer baie ondersteunend oor die aangeleentheid is en dat sy geensins dink dat hulle die skuld vir die voorval moet kry nie. Sy sê egter dat sy sedert die voorval sukkel om ʼn warboel van emosies en vrae te verwerk. “Ek is grootliks woedend. Ek is so ongelooflik kwaad dat die daad van my wat kos vir my baba voorsien op so lafhartige manier geseksualiseer kan word. Dat dit enigsins geseksualiseer kan word,” het Marx in die blog-inskrywing geskryf.

“Ek is gewalg dat ons in ʼn wêreld bly waar ma’s, maak nie saak hoe hulle kies om hul kinders te voed nie, geviktimiseer word omdat hulle weerloos is. Die hartseer van die hele saak oorweldig my ook my tye. Dit is nie hoe enigiemand behoort behandel te word nie en niemand moet verplig voel om te doen wat hierdie persoon gedoen het nie. Deur my te verfilm het hierdie persoon my moederskap aangeval en al is dit net vir daardie rede, moet ek hieroor praat.”

Marx het gesê na aanleiding van die voorval wil sy nou bewusmaking skep vir die veldtog Normalise Breastfeeding SA. Dié veldtog poog om wetgewing in te bring wat ma’s wat in die openbaar borsvoed teen teistering en diskriminasie te beskerm en om bewusmaking rondom die kwessie te skep. Die groep staan ook nou vir Marx by ná haar traumatiese ervaring.

“Ek hoop hierdie maak jou hartseer genoeg om jou verplig te laat voel om die saak met jou geliefdes en veral jou kinders te bespreek. Ek hoop dit inspireer jou om iets te sê wanneer jy sien dat ʼn ma behandel word as enigiets minder as die rots wat sy ongetwyfeld is,” het Marx geskryf.

“As jy ʼn ma is, weet asseblief jy is onmeetbaar sterk. Jou moederskap verminder nie jou waarde nie. So moet nie vir een sekonde toelaat dat die samelewing of die optrede van een verkeerde persoon jou andersins laat voel nie.”

Maroela Media het Marx om kommentaar genader en sy het die verslaggewer na die blog-inskrywing en polisie verwys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Tammy ·

So n lae luis. Hy moet beslis afbetaal word by sy werk. Hy moet dit aan sy sak voel dat hy hierdie dame so kon verneder. Wonder wat in hierdie siel se kop aangaan?

A. Botha ·

Mooi. Vat hulle vas. Ek en 3 boeties het moedersmelk gedrink. Ons is sterk met goeie immuniteitstelsels. Wat natuurlik is moet gerespekteer word.
Sterkte Maggie Marx

Vic ·

Julle het goeie immuniteit want dit kom deur die plasenta van jou ma se bloed af – 9 maande lank. En dalk gesonde gene.

Ada ·

Maggie jy is reg en staan sterk. ‘n Ma is sterker as enige-iets oor haar kinders.
Dankie dat jy dit verder geneem het.

Ai ·

Die man is siek in sy kop. Stuur hom vir evaluasie!

Sterkte aan haar, dis regtig verskriklik. Wonder hoe het hy geweet van haar reelings. Klink soos n “inside job”?

Ook 'n ma, maar.... ·

Ek is ‘n groot voorstaander vir borsvoeding, maar hoe gemaak wanneer mens in ‘n klerewinkel instap en hier sit Mev in die openbaar en borsvoed langs die skoene-rak en dit terwyl my kind saam met my dit moet aanskou??? Mev Marx, ek voel baie hartseer vir jou menswees en Ma-wees wat op so lelike manier gesteel is. Ek ondersteun die veldtog ten volle, maar saam met dít moet daar ook gekyk word na hoe ons ons dogters opvoed oor betaamlikheid.

Talita ·

Hoe gemaak as die ma haar kind voer in ‘n skoenewinkel – koop vir haar ‘n bottel water of sê vir haar wel gedaan mamma! Daar is HOEGENAAMD NIKS onbetaamlik aan ‘n ma wat haar kind melk gee nie. DIT IS WAARVOOR ONS BORSTE DAAR IS. Niks seksueel of onbetaams nie. Dis wat vandag se kinders moet leer – veral meisies. Ons almal het monde vol te sê oor die media en samelewing wat vrouens seksualiseer en “objectify”, maar ons plaas daardie waardes self in ons eie kinders – oe meisies mag nie hulle liggame gebruik soos hulle moet nie, want mans gaan vir hulle kyk. Jy moet jou lyf toemaak want mans gaan vir jou kyk en jy nooi hulle uit om jou te minag. Ons as mammas het ‘n plig om ons kinders van hierdie stigmas te bevry. En dan sal hulle taamlik optree. As daar niks snaaks van borsvoeding gemaak word nie, sal die kinders niks snaaks dink nie.

Yellow Lady ·

Ek stem Oom ‘n ma, maar….ek is ook ‘n ma. Ek het 2 dogtertjies alleenlik gebiravoes. My kindera het nog NOOIT een druppel formule melk oor hulle lippe gehad nie. Ek kon dit nie beter stel as jy nie. VIVA BORSVOED maar nie nodig om dit publiek te doen nie. As ek in ‘n restaurant was en baba moes drink het ek uitgepomp en per bottel gegee of dit so privaat moontlik gedoen. Alles toe gehou en eenkant by myself gaan sit. Kombersie om my nek en als toe gehou. Privaat en persoonlik. Dis my keuse om my dogtertjies te borsvoed. Ek hoef nie my keuse in ander se kele af te fors nie.

Susanne ·

Ek stem saam. Pomp die melk uit en sit dit in ‘n bottel asb. Ek wil nie om elke hoek en draai in vrouens se borste vas kyk nie. Dit behoort in die privaat gedoen te word. Gaan sit in jou kar of in ‘n aantrek hokkie. Eks ook ‘n ma en het ook geborsvoed. Maar nie ten aanskoue vd publiek nie. Dit laat mense ongemaklik voel. Ek hoop nie dat so wet ooit wettig sal word nie.

askies ·

Aan ook n ma, maar…. Jy sit tog sekerlik nie jou Wimpy burger en eet agter n toe deur nie, hoekom nou jou baba borsvoed agter n toe deur. Kos is kos, al verskil is die vervaardiging.

Ag asseblief ·

Ook ‘n ma – hoekom wil jy nie hê jou kind moet ‘n ma wat borsvoed aanskou nie? Die winkel rakke en advertensie borde is vol van foto’s van halfnaakte vrouens; daar word borste as ‘n blote seks objek uitgebeeld. Ek is ma van ‘n seun en ek is bly as hy normale borste van normale vrouens in die gesonde konteks van borsvoed sien. Dit maak ons kinders bewus van die waarde van vrou wees en die pragtige rol van borste in die konteks van borsvoed eerder as blote seks objekte.

Verder, dit is nou goed vir jou dat jy heeltyd om ‘n hoekie melk in die privaat express het toe jy ma van ‘n baba was; so asof dit ‘n skande is en weggesteek moet word. Maar genade die res van ons het nie die tyd om ‘n wegkruip plek te soek en sosiale geleenthede te onderbroek elke keer as baba honger is nie. Ek borsvoed graag in die publiek – ek is trots daarop en moedig ook graag so ander ma’s aan om met trots te borsvoed. Dit is een van die mooiste goed te sien hier op aarde. As ek ‘n ander ma sien borsvoed in die publiek maak dit my hart warm. Kan nie verstaan hoe dit iemand man affronteer nie.

Sarel Strydom ·

Daar moet van die man voorbeeld gemask word. Siviele eis.

Helesti ·

Siek vark. Handig hom oor aan so paar van ons ma’s. Ons sal hom ñ les leer wat hy nooit sal vergeet nie.

Susan ·

Wat daarvan as Sy haar kind borsvoed in die openbaar. Dit is melkbottels. Wat heerlyk saamgedra word, jy het nie bottles nodig om te was nie. Jou bottels hoef nie gesterliseer te word vir kieme nie. Maar bowenal soos blik melk word jou melk nie suur nie en is Altyd vars en net die regtige temperatuur. Dankie dat daar MA’s daarbuite is wat darem nog die voordele van ñ goeie immuun systeem vir jou kind bied deur borsvoeding. Ek het ook al my kind in openbaar geborsvoed, Ek het net ñ kombersie oorgegooi. Sterkte aan jou Mamma mag daai vark van ñ man Sy Dag in die hof kry.

Ekke ·

Talita en Susan op duimpie vir julle.
Ek is ‘n verpleegsuster… toe ek ‘n student was in die laat 80’s het ‘n mede manlike student een aand gese hy kon nog nooit die hele bohaai oor borsvoeding in die openbaar verstaan nie. Sy argument was; Dit is die eerste ding wat in jou mond gedruk word direk na geboorte en die laaste ding waaroor jy vir die res van jou lewe mag praat.

Bianca ·

Daar is uiters niks fout met borsvoed in publiek nie.dit is tyd dat ons die nuwe generasie gewoond maak daaraan dat n babatjie so gevoer moet word.dis niks om oor ongemaklik te voel nie.dan moet enige iemand ongemaklik voel om in die publiek te eet.ons moet juis ons kinders leer dat dit dood normaal is en dit nie te assosieer met seksuele organe nie.borste is nie n geslags orgaan nie.mans het dit ook.borste is n voedings orgaan.

Lilly ·

Jy is of vir Borsvoeding of teen dit. Niks “maar” nie. As mense dit nie ‘n issue maak en oor reageer nie dan ervaar niemand dit as sleg nie. Hou by jou eie dinge en los die mamma dat sy haar honger baba kan voed. Jy wat wil kla is welkom om die doek oor jou kop te gooi en aan te stap. Ons as Mamma’s kan nie soos kluisenaars leef net oor ons bang is ons baba word dalk honger in die winkels en ons te bang voel om hulle te voed nie. As ‘n kind vra hoekom dan antwoord ons en sê want dis hoe dit moet wees en dis normaal.

Stelle ·

Ek my kinders óók gevoed, maar nooit ín die openbaar nie. Ontbloting ín die openbaar is geensins nodig nie. Goeie beplanning is kardinaal. Dis belangrik om ons kinders te leer van privaatheid. Daar is ‘n plek en ‘n tyd vir alles. Goeie waardes en opvoeding kos niks.

Nee. Ek weet regtig nie meer nie .... ·

Die man se kop moet rolllllllllllll …… Dis siek! Om haar in n privaat-omgewing te “spioneer” ! Dis malligheid! Mammas wat kinders voed in die openbaar, met n doekie oor die borste, terwyl hul aangaan met eet of gesels of wat-ook-al is die natuurlikste wesens op aarde! Dis normaal. Mense wat n probleem daarmee het. … dis abnormaal!

Tinktinkie ·

Ek stem Stelle. Pro-borsvoeding terwyl jy vreemdes om jou respekteer met n doek of ligte kombersie bedek. D argument van borste is natuurlik daarom kan dit gewys word dra nie water nie. Daar is ander “natuurlike” dinge wat ons nie openbaar nie…eenvoudig …jy krap nie in jou neus in d openbaar nie. Hkm nie dis dan natuurlik???

Janet ·

Actually doen baie mense dit en hul word nie daaroor aangevat nie so kyk net anderkant toe.

Janet ·

My jongste seuntjie is nou 10maande en is op borsmelk. Ek werk voltyds so pomp ook deur die dag. Ek sal nie nog pomp om winkel toe te gaan ook nie!
Ek sien altyd in die winkels mense wat onbetaamlik (volgens my) optree soos openlik vry, vloek, in hul neus grou ens. Ek sal nooit hul aanvat daaroor nie maar leer my kinders daaroor.
Weet jul hoe voel ‘n baba wat bo 3maande is met ‘n kombers of lap oor die kop- party haat dit!
Ek het nog nooit sonder ‘n lappie gevoed nie maar indien my kind heeltyd die lap afhaal of hom self sopnat sweet onder die lap sal ek nie skroom om die lap af te haal nie.
Op die ou end is die kind se belange baie belangriker as hoe jy voel oor iemand anders se borste.

C Kruger ·

Die wat so vining is op dit MOET in die privaat gedoen word net een vraag . Eet jy in jou slaapkamer of toilet indien nie hoekom moet n baba did dan nie natuurlikse ding daar bottles is onnatuurlik en dit hoort in die asblik ..

Mielies ·

Ek is ‘n Ouma en so trots op my dogters en skoondogters wat wil en kan borsvoed – hulle borsvoed oral maar doen dit so dat min mense dit ooit agterkom.

Estelle ·

Ek is n mamma van 3 kinders. Ek het my kinders al drie geborsvoed. Meestal het ons n privaat hoekie of vertrek gesoek, maar as die nood gedruk het, moes n dun kombersie maar oor my en die babatjie gegooi word dat sy pensie kon vol kom. Ek het nie myself ooit ontbloot voor niemand nie en ek voel n kombersie is diskreet genoeg. As n mamma wat besig is om te borsvoed vir jou seksueel prikkelend of aanstootlik is, lê die fout by jou en nie by die mamma nie!!

Marita ·

Vriende van ons het getrou, haar suster was daar met hul 6 weke oue dogtertjie. Sy het tussen ons gestaan en gesels met baba toegedraai in haar kombersie in haar arms. Die volgende oomblik sê sy vir die baba “nee my liefie jy is mos nie nou besig om te drink nie” Dis toe eers dat ek en seker die ander in die groep ook besef sy is besig om te voed. Niemand het niks agtergekom nie. Sy was deel van die geselskap, nie weggedraai of niks nie. My punt is, jy kan voed en steeds deel wees van alles om jou. Daar is net verskillende maniere om ‘n ding aan te pak.

Lizette ·

Ek stem saam! Geen probleem met n mamma wat n baba voed. Op n clasy manier met n bedekking bo-oor. Ons liggame is n tempel vd Heilige Gees en dis onbetaamlik om jou borste ten toon te stel in die publiek.

Ronica ·

Borsvoeding is hoe GOD dit bepaal het , tensy jy nie anders kan nie dan is daar ander opsies. . . maar die WOORD VAN GOD leer ons : jy mag jou skaamte nie ontbloot nie , wat beteken dat jy ten alle tye jouself moet bedek sodat ANDER jou ontblote bors NIE sien nie!!!! Hoekom sou jy dit in elk geval so wou doen want dan is dit seksueel van aard! So mevrou, borsvoed jou kind asb MAAR bedek jou ten alle tye sodat jy nie n oordeel oor jouself bring nie ……. PUNT

Onnodig ·

Ek weet nie of sommige van julle dalk nie reg kan lees nie of wat? Gaan lees weer wat Maggie geskryf het. “Sy het vooraf gereël vir ‘n PRIVATE veilige ruimte waar sy melk kan uitpomp”.

Anelle ·

Borsvoeding is die natuurlikste ding op aarde!! Mev Marx jammer dat n siek man jou pad moes kruis en 10 uit 10 vir jou dat jy die guts het om daaroor te praat.
As n mamma haarself wil bedek in die openbaar, doen dit gerus, ( ek het ook), maar as jou kinders n vrou sien wat haar baba openlik voed, is dit die ideale geleentheid om aan hul te vertel dat dit is hoekom mammas borste het…dit is die normaalste ding onder die son. n Siek wêreld seksualiseer borsvoeding…

christelle ·

wel sy was mos nou in wat sy geglo het is ‘n private, veilige omgewing. sy het maatreels getref om dit privaat te hou. hierdie is nie ‘n geval van openbare borsvoeding waaroor sy haarself uitspreek nie- hierdie man is ‘n krimineel en klaar. dis net soos om ‘n kamera in ‘n dames badkamer te gaan wegsteek.

SARIE VAN HEERDEN ·

Neem jy jou baba na jou werk dan maak jy ‘n reeling dat jy vooraf, by die huis, jou melk uitpomp, dit in ‘n houer plaas en saamneem werk toe en die baba daar voed. Die belangrikste is tog om die nodige melk in die baba se magie te kry, en nie HOE hy dit inkry nie. So het my kinders dit gedoen en dit het niemand aanstoot gegee nie.

Sunique ·

As jy jou uitgee vir ‘n grondboontjie gaan die apies jou eet! Moenie verwag dat almal voel dis so natuurlik of reg dat daar in die openbaar geborsvoed word nie. As jy dit in die publiek wil doen moet jy besef, daar loop perverse mense rond en ons gewone outjies wat net absoluut niks daarvan hou nie. Dit laat my ongemaklik voel. Daar is geen rede om in die openbaar te WIL sit en borsvoed nie. As jy in jou kar wil gaan sit en dis blyk ook nie privaat te wees nie, moet jy besef jy stel jouself bloot vir ongure dinge of kritiek. Die tannies wat dink dis so wonderlik kan jou maar beskerm en vertel dis so wonderlik. Het jy al daaraan gedink dat daar mense is wat nie gemaklik is daarmee nie!

My5c ·

Kyk, wat die man aangevang het is heeltemal verkeerd en ek hoop hy kry die regte straf. Ek voel tog dat borsvoeding iets baie privaat is anders sou my Ouma my vertel het hoe hulle in die publiek geborsvoed het, maar nee, dit is van altyd af maar nog iets wat baie privaat is. Selfs toe ek my kleintjies geborsvoed het en ons het gaste het ek myself verskoon en na my kamer gegaan om te borsvoed. Dis ook veel lekkerder om dit in ‘n rustige atmosfeer te doen as met ‘n gedreun en geraas en geklingel om ‘n mens…baba soek ook rustigheid en stilte…wel, myne het…Sterkte met die res van die saak!

Anoniem ·

Daar is orals badkamers waar jy as moeder met groot liefde kan doen. Respekteer jouself en ander om jou!!!!!!!!!

Ook*'n*Mamma ·

Eet jy jou kos in die badkamer op die toilet? Hoekom moet my kind?

Annelie ·

Hoekom haar kantoor waar enigiemand kan binnekom – die badkamer te privaat!

Trudie ·

Die badkamers is vol kieme en stink. En ja, sy sluit sekerlik haar kantoor deur -as daar is ‘n sleutel is. As sy slim genoeg is om moedersmelk vir haar baba te wil gee, sal sy slim genoeg wees om te sluit. Met 2 baba’s wat allergies was vir beesmelk, moés ek die 3de een borsvoed. Ek het die kuns om in die openbaar te borsvoed wonderlik bemeester sodat niemand eens agtergekom wat ek doen nie. Ek het altyd ‘n oopknoop top en voedings bra gedra en heerlik kruideniers gekoop terwyl my man die trollie stoot. Ek het net na ‘n afdeling gegaan om die baba aan die bors te sit. (Hulle raak mettertyd nogal net so behendig soos hul ma!) Ek het ‘n doek skuins lossies oor die baba se kop gesit en oor my skouer. So sien niemand jou bors nie. In elk geval vir mans wat hul monde oor hierdie onderwerp wil uitspoel wil ek sê: Bly stil. Julle weet NIKS. En vrouens: Julle het seker die bottel gekies. . So bly julle ook maar stil. Julle het die maklike, maar nie die beste uitweg gekies vir jul baba nie.

Ook 'n mamma wat geborsvoed het... ·

Ek was 23 toe my eerste dogtertjie gebore is en wou haar bitter graag borsvoed… Ons het ‘n besige sosiale lewe op naweke en dit het beteken dat ek vir 4 maande in kamers en publieke badkamers alleen moes sit vir ‘n halfuur op ‘n slag met ‘n nuuskierige baba wat wil sien wat sy hoor maar ook doodhonger is. Dit veroorsaak stress, vir ma, vir baba en niks wil werk nie. Sou ons dan by die huis kom sit ek met ‘n doodmoeg oorhonger baba wat ure aaneen drink en gladnie lekker slaap nie. Maar so het ek vir 4 maande aangehou en uitgehou en toe maar moed opgegee en bottels en formule gegee, wat my baba nie lekker hanteer het nie. Toe kom baba nommer 2. Ek het van dag een af ‘n lekker kombersie gehad wat lekker asemhaal en groot genoeg was om my en haar heeltemal toe te maak. Ek het my kind ORAL geborsvoed, sonder dat ‘n siel geweet het. In Menlyn se besige gange en winkels, sommer terwyl ons loop, langs die braaivleis vuur op ‘n Saterdag, in Spur. Ek het nie ‘n kyk gekry nie, moes wel paar keer vasklou oor nuuskierige agies wat na my baba wou kyk, maar nie besef het sy drink te lekker daar onder nie… Ek het haar vir ‘n jaar geborsvoed. As jy regtig dit wil doen, maak dit vir jou gemaklik… As die samelewing nie so aaklig was nie, het ek nooit daai kombersie gebruik nie

John ·

U is n voorbeeld vir baie mense en dankie vir u plasing. My vrou doen dit ook op die regte manier en daarmee is geen probleme nie selfs al gaan ons erens heen.

Gansie ·

Wat het Maggie gedink? As sy so n issue wil maak daarvan gaan iemand nuuskierig wees. As sy nie vooraf reelings getref het en dit dus rugbaar gemaak het nie sou niemand dalk eens geweet het wat sy in haar kar gaan sit en doen nie. It pays to advertise!

John ·

Ek is ook vir borsvoed en my vrou doen dit ook. Die beste vir enige kind selfs in die ry maar met bedekte vensters. My sniet afgeskrik toe n vrou sommer opp en bloot in n hysbak instap met baba aan die bors. Alles ontbloot. Nou dit is verkeerd! Solank n vrou net dit wat belangrik is bedek is alles ok.

John ·

Dis bad as n vrou van n ander nasie heeltemal ontbloot ingestap kom in n hysbak. Dit is onanvaarbaar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.