Man vas ná ma voor kinders doodgeskiet is

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is Dinsdag in hegtenis geneem in verband met die voorval waar ʼn swanger vrou voor haar dogter se skool in Bram Fischerville in Johannesburg tydens ʼn kaping doodgeskiet is.

Lt. Kay Makhubela, polisiewoordvoerder, het gesê die man is in ʼn huis in Emdeni in hegtenis geneem. Hy word by die Dobsonville-polisiestasie aangehou en sal Donderdag in die Roodepoort-landdroshof verskyn.

Charlotte Ramohai (34), wat drie maande swanger was, was op 20 April saam met haar sewejarige seun in die motor toe hulle haar 12-jarige dogter by die skool gaan oplaai het. Nadat die dogter in die motor geklim het en die motor in die pad in gedraai het, het twee mans met vuurwapens die vrou gekonfronteer.

“Die ma is geskiet en saam met haar kinders uit die motor gegooi,” het Makhubela gesê. Sy is op die toneel dood. Die kinders is nie beseer nie.

Die motor is ʼn paar uur later verlate in Dobsonville gevind.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.