Lt. Kay Makhubela, polisiewoordvoerder, het gesê die man is in ʼn huis in Emdeni in hegtenis geneem. Hy word by die Dobsonville-polisiestasie aangehou en sal Donderdag in die Roodepoort-landdroshof verskyn.
Charlotte Ramohai (34), wat drie maande swanger was, was op 20 April saam met haar sewejarige seun in die motor toe hulle haar 12-jarige dogter by die skool gaan oplaai het. Nadat die dogter in die motor geklim het en die motor in die pad in gedraai het, het twee mans met vuurwapens die vrou gekonfronteer.
“Die ma is geskiet en saam met haar kinders uit die motor gegooi,” het Makhubela gesê. Sy is op die toneel dood. Die kinders is nie beseer nie.
Die motor is ʼn paar uur later verlate in Dobsonville gevind.
Ditsem!!