Man vas ná meisie (8) se moord

Argieffoto: SAPD

ʼn 23-jarige man is buite Sabie in Mpumalanga in hegtenis geneem in verband met die ontvoering en moord op ʼn agtjarige meisie.

Maroela Media het vroeër berig die meisie, Nokubonga Nonyane, se liggaam is op 12 Junie by Numbi naby Hazyview gevind deur ʼn verbyganger wat daarna die polisie ontbied het. Toe die polisie by die toneel opgedaag het, het hulle bevestig dit is inderdaad Nokubonga wat Vrydag 8 Junie as vermis aangemeld is.

Nokubonga is op teen omstreeks 15:30 die laaste keer lewend gesien toe sy saam met haar maats gespeel het, maar nooit huis toe gekom het nie.

Kol. Mtsholi Bhembe, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê speurders het ʼn volskaalse ondersoek van stapel gestuur wat Sondag tot die verdagte se inhegtenisneming by sy skuilplek buite Sabie gelei het.

Die verdagte sal na verwagting Dinsdag in die Kabokweni-landdroshof verskyn op aanklagte van ontvoering, verkragting en moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.