Man vas ná mesmoord

Argieffoto

ʼn 25-jarige man van die Oos-Kaap verskyn Maandag in die hof vir die moord op ʼn 28-jarige man.

Kapt. Jackson Manatha, polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het Saterdag omstreeks 10:00 by die Mzileni-nedersetting in Mahasana in Willowvale plaasgevind.

“Die twee mans het in ʼn stryery betrokke geraak waartydens die 25-jarige man glo ʼn mes uitgepluk en die 28-jarige man daarmee gesteek het. Die oorledene het verskeie steekwonde aan sy bolyf opgedoen en is op die toneel dood,” het Manatha gesê.

Die verdagte is in hegtenis geneem op aanklag van moord. Hy moet in die Willowvale-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.