Man vas ná moord op konstabel

Lennox Ngwenyama

Lennox Ngwenyama

ʼn 33-jarige man is ná ʼn groot soektog in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn polisiekonstabel.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê Lennox Ngwenyama is Woensdag omstreeks 02:00 by sy neef se huis in Hazyview in Mpumalanga in hegtenis geneem.

Ngwenyama word daarvan beskuldig dat hy konst. Joseph Baloyi (35) verlede Woensdag doodgeskiet het toe dié besig was om by sy huis se oprit in te ry.

Ngwenyama het op 13 Mei uit aanhouding ontsnap toe hy in die Nelspruit-landdroshof moes verskyn op aanklag van ʼn renosterstroperyvoorval in 2014, wat deur Baloyi ondersoek is. Ngwenyama sal ook tereg staan op aanklagte van kaping, huisroof en poging tot moord.

Ngwenyama sal na verwagting Vrydag in die Nelspruit-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Peet Schabort ·

“Uit aanhouding ontsnap”. Dit gebeur oor en oor. Is daar nie meer voetboeie en gewigte of is dit nou se dae ‘onmenslik’?
Toe die daad gepleeg is was dit seer sekerlik nie menslik?
Om ‘n geregsdienaar dood te maak was een van die grootste misdade moontlik.
Mag reg en geregtigheid geskied. Net jammer die doodstraf . . .

CHRISTA ·

Hulle het seker die voetboeie vir ‘scrap metal’ verkoop. Wonder wat SY vonnis gaan wees en HOEVEEL hy daarvan gaan uitdien?

Francois ·

Julle weet…dis in gevalle soos DIE dat hulle die doodstraf moet kan toepas…En natuurlik baie ander sulke gevalle…Ek se nie elke moord moet doodstraf kry nie, maar dit MOET afhang van die graad van weldadigheid. Maar dan weer het ons geen regters in die land wat sulke onderskeiding kan maak nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.