Man vas ná moord op Limpopo-bejaarde

Foto: Heritage Protection Group

Foto: Heritage Protection Group

ʼn Verdagte is in hegtenis geneem in verband met moord op Pats Truter (79), die vrou wat Vrydag dood in die motorhuis van haar huis in Mookgophong (Naboomspruit) in Limpopo aangetref is.

Dr. Jan Truter, Pats se seun, het die inhegtenisneming aan Maroela Media bevestig. Volgens inligting van die Heritage Protection Group (HPG) is daar tydens die inhegtenisneming op ʼn selfoon, motorsleutel en juweliersware beslag gelê wat vermoedelik tydens die moord gesteel is.

Maroela Media het vroeër berig Truter se buurman in Gholfpark, ʼn veiligheidswoonbuurt op die dorp, het Vrydag op haar liggaam in die motorhuis afgekom nadat die buurvrou onraad vermoed het omdat sy haar nie soos gewoonlik rondom die huis gewaar het nie. Haar hande was oor haar bors gevou en twee handdoeke en ʼn mat uit die huis is gebruik om haar liggaam te bedek. ʼn Dun nylontou, waarmee sy vermoedelik verwurg is, was nog om haar nek. Daar was geen tekens dat sy aangerand of andersins beseer is nie.

Jan het vroeër aan Maroela Media gesê niks ooglopend is uit die huis gesteel nie en Pats se handsak het nog net so, met kontant en bankkaarte daarin, aan haar bed se kopstuk gehang. Jan het ná die inhegtenisneming die polisie geloof vir hul vinnige optrede om ʼn verdagte vas te trek. Hy het gesê die familie het nog nie verdere inligting van die polisie ontvang nie.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, kon nie onmiddellik die inhegtenisneming aan Maroela Media bevestig nie en daar word gewag op verdere kommentaar.

Lees alle vorige berigte oor Pats Truter op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

m ·

Wonder wat is die gemors se rede vir die sinnelose moord of is dit ma net oor sy wit is….

zoeye ·

probably
ek dink ons moet almal net elke dag voluit lewe asof dit ons beurt is môre want die vet weet om net elke oggend lewend wakker te word in SA is ‘n blessing
as hy niks gesteel het nie, hoekom dan?
wens ek kan ‘n gesprek met die Allerhoogste hê!

Willie ·

Beveilig julle self, vertrou niemand, en wees bedagsaam. Moet n patron vorm nie… Weet hoe om jouslef te verdedig, en hou jou verdedigings meganisme naby…

Francois ·

zoeye jy gaan verseker nog n kans kry om met Allerhoogste te praat maar ek dink nie jy besef wat of wie God is nie Hy hou die heelal in die palm van Sy hand .ek sal nooit met Hom wil redenaar nie wil hom net prys en loof .

lettie ·

Die politieke leiers moet vasgevat word vir hul aanhitsing. Hul doen niks om hul eie gemeenskappe op te hef nie. Steel net, pleeg korrupsie en skel ons uit vir wit bevoorregting. Hul moet saam tronk toe gaan met hul menslike afval moordenaars.

Mike de Beer ·

Simpatie aan die familie. Dankie SAPS. Moet ASB nie dat hy ontsnap nie?

SP ·

Ek vermoed HGP en nie SAPS,het hierdie arrestasie gemaak,baie trots op julle! Wys jou wat ervaring kan vermag.

cor ·

Die persoon was seker bekend aan die oorledene, seker nog daar gewerk en toe die hand gebyt wat hom voed. Laat mens maar net twee keer dink voor jy sekere besluite neem wat jou duur te staan mag kom.

Lida ·

Iets sinesters is besig om te gebeur met SA blankes…..wakker skrik SA blankes…

Thea Gerber ·

‘n Pragtige ou dame se lewe vir 2 selfone. Hoe goedkoop is ons blankes se lewens nie?

Jess ·

Die hoeveelste aanranding is dit nie al in gholpark nie???? Die sekuriteit is gladnie op standaard nie…..daar is GEEN sekuriteit nie.!!!!!

Oom Willie ·

Liewe Jess, Ek sal dit regtig waardeer as jy so gou moontlik besonderhede sal verskaf van al die ander aanrandings (of selfs net een, asseblief) wat in die afgelope paar jaar in Gholfpark plaasgevind het. Maak net asseblief gou. Die komitee van die Gholfpark Inwonersvereniging vergader more, en ons sal graag die saak wil bespreek want ons weet van geen ander misdaad in meer as twee jaar in Gholfpark nie. En as daar glo geen sekuriteit in GP is nie, wie beman dan die ingang, en wie is besig om 24 uur per dag ons strate te patrolleer, en hoe is dit dan dat ons die beste veiligheidsrekord in die hele Naboomspruit het ? Jy lieg mos. En ‘n vraag aan Maroela: julle beweer dat julle geen rassisme, haatspraak ens hier toelaat nie, maar sommige van die goed wat al hier verskyn het, is absolute haatspraak (nee, nie Jess se aantygings nie, dis iets anders). Besef julle dat iemand daar buite (nee, nie ek nie) vir julle saam met die skuldiges voor die hof kan daag? Nee, a, redigeer asseblief die goed.

Magda Cooper ·

BRING DIE DOODSTRAF TERUG ASB – HULLE VERDIEN NIKS MINDER NIE

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.