Man vas ná moord op ma, dogter

(Argieffoto: SAPD)

ʼn Middeljarige man is Saterdag in hegtenis geneem ná die dubbele moord op ʼn ma en haar dogter in Hebron in Noordwes.

Maroela Media het verlede week berig die liggame van ʼn 68-jarige ma en haar 34-jarige dogter is Saterdag in hul huis deur ʼn ander dogter aangetref. Die ma se liggaam was in die eetkamer, terwyl die een dogter se liggaam vasgebind in die badkamer aangetref is.

Die 45-jarige verdagte is vasgetrek en die foon van een van die oorledenes is in sy besit gevind. Hy verskyn Maandag in die landdroshof in Ga-Rankuwa.

“Dit is sleg dat mans nog sulke gruwelike misdade teen vroue pleeg. Ons moet ʼn manier vind om hierdie misdade stop te sit,” het Sello Lehari, LUR vir gemeenskapsveiligheid en vervoer, Sondag in ʼn verklaring gesê.

Hy het die polisie geloof vir hul flink optrede om die man vas te trek. “Die manier waarop hierdie moorde ondersoek is, is ʼn bewys van die polisie se toewyding om misdaad te bekamp,” sê hy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Me ·

Sit sekere vingers af dit sal werk met al die persone wat enige iets pleeg

Klippie ·

Ek stem! Ek weet van al die argumente oor bv “onskuldige mense hang” en “mens kom nie by die oorsprong van die kwaad uit nie” maar dit SAL mense (let wel) tweekeer laat dink!

Julius ·

Begin by die huis met disipline en dan by die skole en dan in die parlement. Dan sal al die misdade stop.

aj ·

Sluit die drankwinkels, shebeens en dwelmhole om 80% van misdade te VOORKOM!

Want dwelms (alkohol ingesluit) maak dat goeie mense verander in gevaarlike misdadigers.

Alma ·

Stem saam. Mense waarvan jy nooit iets slegs sal verwag nie, doen afskuwelike dinge as hul onder die invloed van drank of dwelms is.

Hybie ·

Wens net al die polisie was so bekwaam en toegewyd om alle misdade so flink te ondersoek.

Elsie Riekert ·

Die Bose en sy trawante se aaklige dade neem hand oor hand toe want die Drie-Enige God word uit die sondige wereld geweer.

Kas ·

Niks wat julle hier sê sal wetgewing word nie.Die doodstra is afgeskaf en vra eerder hoekom.Watter ras word die meeste vermoor en kan maar wat het in die res van Afrika gebeur.Pakslae is nou ‘n misdryf.Onderwysers gee nie meer om nie want hulle kan niks doen nie.Hulle word aangerand en selfs geskiet.Kinders mag ook nie deursoek word nie.Mede leerders word doodgesteek.Walglik verby.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.