Man vas na moord op ma, dogter

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

ʼn Man is in Germiston, Gauteng, in hegtenis geneem in verband met die moorde op ʼn ma en dogter van Limpopo.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die man was sedert Dinsdag soek nadat hy glo ʼn ma en dogter in Ritavi naby Tzaneen doodgeskiet het. Die verdagte het glo Mary Mangena (63) se huis binnegestorm en haar en haar dogter Hermina Mangena (40) geskiet.

Volgens Ngoepe is Mary op die toneel dood. Haar dogter het Woensdag in die hospitaal aan haar beserings beswyk. Die verdagte was glo in ʼn verhouding met Mangena se jonger dogter. Sy was nie tuis ten tye van die skietery nie.

Die verdagte en Mangena se jonger dogter het glo tot onlangs nog saamgebly. Hulle het glo ʼn rusie gehad waarna sy uitgetrek het. Die 35-jarige verdagte sal na verwagting Maandag in die Ritavi-landdroshof verskyn op twee aanklagte van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.