Man vas ná moord op Modimolle-vrou

Trudie Grebe. Foto met vergunning van Die Pos.

ʼn Verdagte is in hegtenis geneem in verband met die moord op die 73-jarige Trudie Grebe.

Grebe is op 23 Augustus by haar huis in Modimolle (Nylstroom) in Limpopo vermoor.

Volgens oudkol. Sakkie Louwrens van Heritage Protection Group (HPG) is die verdagte in samewerking met die polisie van Modimolle in die Witpoort-gebied buite Lephalale (Ellisras) in hegtenis geneem.

Die verdagte tydens sy inhegtenisneming. Foto: HPG

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die 51-jarige man het by sy suster se huis weggekruip toe hy in hegtenis geneem is. Hy sal binnekort in die hof verskyn.

Maroela Media het vroeër berig die polisie was op die spoor van ’n man wat voorheen by Grebe gewerk het.

Ngoepe het vroeër gesê ʼn voorlopige ondersoek het daarop gedui dat dié man op die dag van Grebe se moord opgemerk is waar hy glo die oorledene se perseel verlaat het.

Grebe het haar eie onderneming waar sy honde gebad en geskeer het tuis bedryf. ʼn Besoeker het op die dag van die moord op Grebe se liggaam langs haar huis afgekom.

Grebe is vermoedelik met ʼn stomp voorwerp oor die kop geslaan en sy het ook verskeie steekwonde aan haar kop, nek en hande opgedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

16 Kommentare

jongste oudste gewildste
Michael P

Sien dit gebeur as jy mense het soos die EFF BLF mense aan hits. nou sit hulle agter oor en monitor en n reg stelsel wat vrot Hoe gaan dit reg kom Hoekom maak hulle net weerlose mense dood wag vir die dag dat hulle in n groot rugby speler vas loop dan sal jy wat n lafaard is.

JR

Hulle is beslis lafhartig weerlose vroue word aangeval hoop Julius en black first wat ever sy naam is kom hulle Moses endag teë dan wil ek sien of hulle ook so braaf sal wees of word moordenaars betaal om te moor

Ore

Hou op om Samaritaan te speel.Werk self.Ek is 82,maak my eie plek skoon,was nog my kar en my tuin is netjies.

Michael P

Boet onthou die gemors het mos mense regte mag nie sy gesig wys nie. Ek kry die idee dat wetsgehoorsame mense nie meer regte het nie.

blouapie

Dit hang van jou velkleur af…