Man vas na moord op pa, dogter

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is in hegtenis geneem nadat ʼn pa en sy driejarige dogtertjie in Emalangeni in KwaZulu-Natal doodgeskiet is.

Maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê die 26-jarige verdagte het glo omstreeks 23:30 Sondagaand by ʼn huis in Ndwedwe ingebreek en ‘n 24-jarige man en sy dogtertjie doodgeskiet. ʼn Vrou wat tydens die voorval in die huis was, is nie beseer nie.

Volgens Zwane is AK47-patrone op die toneel gevind. Die verdagte is kort ná die moorde in hegtenis geneem en sal Dinsdag in die Ndwedwe-landdroshof verskyn. Die motief vir die moorde is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.