Kapt. Frederik van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê die 38-jarige polisiekonstabel is omstreeks 18:30 Vrydagaand doodgeskiet toe hy ʼn verdagte agternagesit het. Die verdagte word gesoek in verband met verskeie moordsake.
“Die polisielid is op die toneel dood. Die polisie se vinnige optrede het daartoe gelei dat die 27-jarige verdagte in hegtenis geneem is,” het Van Wyk gesê. “Die omstandighede rondom die voorval word tans ondersoek.”
Van Wyk het gesê die 27-jarige verdagte sal na verwagting Maandag in die hof verskyn.