Man vas ná moord op polisiebeampte

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

ʼn Man is in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn polisiebeampte doodgeskiet het in Nyanga, het die Wes-Kaapse polisie Saterdag gesê.

Kapt. Frederik van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê die 38-jarige polisiekonstabel is omstreeks 18:30 Vrydagaand doodgeskiet toe hy ʼn verdagte agternagesit het. Die verdagte word gesoek in verband met verskeie moordsake.

“Die polisielid is op die toneel dood. Die polisie se vinnige optrede het daartoe gelei dat die 27-jarige verdagte in hegtenis geneem is,” het Van Wyk gesê. “Die omstandighede rondom die voorval word tans ondersoek.”

Van Wyk het gesê die 27-jarige verdagte sal na verwagting Maandag in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.