Man vas na moord op polisieman

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

Die Valke het ʼn 23-jarige man in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn polisiebeampte verlede maand.

Kapt. Simphiwe Mhlongo, woordvoerder van die Valke, het gesê die verdagte is Woensdag in KwaDambuza in Pietermaritzburg in hegtenis geneem in verband met die moord op konst. Lungisani Mkhize (33).

Mkhize se liggaam is op 5 Mei in die Fredville-omgewing in Inchanga gekry. Hy is in die bors geskiet. Mkhize, wat aan die Umsundusi-polisiestasie verbonde was, was van diens af ten tyde van die moord

Die verdagte sal Vrydag in die Camperdown-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.