Man vas na moord op swanger vriendin

jail_barsʼn 24-jarige man is in Chesterville in Durban, KwaZulu-Natal in hegtenis geneem in verband met die moord op sy swanger vriendin.

Kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, sê die 22-jarige hoogswanger vrou is op 21 Februarie vanjaar as vermis aangemeld. Die verdagte het aan die polisie gesê dat hy haar die laaste keer gesien het toe hy saam haar na ʼn busstop gestap het. Zwane sê nadat die man in hegtenis geneem is, het hy die polisie na die toneel gevat waar hy sy vriendin glo vermoor het.

“Daar word vermoed dat sy aan die brand gesteek en haar liggaam opgekap is nadat sy met ʼn skerp voorwerp teen die kop geslaan is. DNS-toetse sal gedoen word om te verseker dat die oorskot wat gevind is wel die van die vermiste vrou is.” Die motief vir die moord is nog nie bekend nie en word ondersoek. “Dit is moontlik dat die verdagte van dubbele moord aangekla kan word,” sê Zwane.

Die verdagte sal binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.