Man vas na moord op vriend

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

ʼn Man is in hegtenis geneem in verband met die moord op sy vriend, het die polisie in Gauteng gesê.

Konst. Sibusiso Chauke, woordvoerder van die polisie, het gesê die 51-jarige man is vroeg Sondagoggend in Orlando-Oos in Soweto in hegtenis geneem.

Volgens Chauke het die twee mans Saterdagaand gekuier toe hulle in ʼn argument betrokke geraak het. Die verdagte het glo sy vriend met ʼn mes in die bolyf gesteek. Hy is op die toneel dood.

Ooggetuies het die polisie ontbied en die man is in hegtenis geneem. Chauke het gesê die verdagte sal Dinsdag in die Protea-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Leeutjie ·

Drank is ‘n lelike ding. Nou is hy nugter met die wete hy het sy vriend vermoor. Was dit nou regtig nodig?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.