Man vas na moord op vriendin

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

ʼn Man is in hegtenis geneem in verband met die moord op sy vriendin in Richmond, KwaZulu-Natal.

Maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê die 24-jarige man en sy 25-jarige vriendin het glo Maandagaand rusie gemaak. Die man het haar glo verskeie kere met ʼn skerp voorwerp gesteek.

Volgens Zwane het die man van die toneel gevlug. Hy is Dinsdagoggend in hegtenis geneem. Die verdagte sal binnekort in die Richmond-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.