Man vas ná moord op vrou

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

‘n Man van Noordwes wat daarvan beskuldig word dat hy sy vrou vermoor het, is in die Oos-Kaap in hegtenis geneem.

Kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, sê die 28-jarige man is in Aliwal-Noord in hegtenis geneem.

Mokgwabone sê die man het glo Saterdag sy 26-jarige vrou in Rustenburg vermoor waarna hy na die Oos-Kaap gevlug het.

Mokgwabone sê die egpaar het glo in ‘n argument betrokke geraak voor hy haar verwurg het. Die man het glo hierna sy swaer geskakel en hom van die moord ingelig voor hy gevlug het.

Die verdagte sal na verwagting Donderdag in die Rustenburg-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.