Kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, sê die 28-jarige man is in Aliwal-Noord in hegtenis geneem.
Mokgwabone sê die man het glo Saterdag sy 26-jarige vrou in Rustenburg vermoor waarna hy na die Oos-Kaap gevlug het.
Mokgwabone sê die egpaar het glo in ‘n argument betrokke geraak voor hy haar verwurg het. Die man het glo hierna sy swaer geskakel en hom van die moord ingelig voor hy gevlug het.
Die verdagte sal na verwagting Donderdag in die Rustenburg-landdroshof verskyn.