Man vas ná moordslagoffer (9) se pa hom jaag

Argieffoto: Nico Strydom

Argieffoto: Nico Strydom

ʼn 31-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy op ʼn verwoestingstog in Schweizer-Reneke in Noordwes gegaan het waartydens drie mense, waaronder ʼn negejarige meisie, vermoor is.

Brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het Saterdagaand in Roshunville plaasgevind.

“Die verdagte, ʼn man van Nigerië, is eerste na die kommune waar ʼn 54-jarige Kongolese vrou ʼn kamer gehuur het,” het Mokgwabone gesê. “Hy het haar na bewering met ʼn mes doodgesteek.”

Hy het glo kort daarna ʼn 46-jarige man ook doodgesteek wat buite een van die kamers gesit het.

“Die verdagte het daarna ʼn negejarige meisie aangeval wat ook op die perseel was. Die meisie se pa het die verdagte gejaag, maar kon nie daarin slaag om hom aan te keer nie. Die verdagte het wel ʼn besering opgedoen toe hy oor ʼn heining gespring het in ʼn poging om te ontsnap.”

Die man en vrou is op die toneel dood verklaar. Die meisie is na die hospitaal op Schweizer-Reneke geneem waar sy by haar aankoms dood verklaar is.

Die verdagte is ná die voorval na ʼn hospitaal in Vryburg om mediese behandeling vir sy besering te ontvang. Hy is Sondagaand laat in dié hospitaal in hegtenis geneem.

ʼn Voorlopige ondersoek dui daarop dat die oorledenes nie verwant is aan die verdagte nie. Die motief vir die aanvalle is onbekend en word ondersoek.

Die verdagte verskyn Dinsdag in die landdroshof op Schweizer-Reneke op drie aanklagte van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Buitestander ·

Ek verstaan nie hoekom buiteladers so vrylik in ons land toegelaat word nie. Kyk wat se verwoesting hulle hier kom saai.

Leer by Botswana ·

Ek het noual ‘n paar keer gesê, hierdie land moet leer by Botswana, foreigners wat sulke goed doen kry die doodstraf. Hul landgenote wat dit aan toeriste doen, doodstraf. Botswana speel nie en lees jy ooit van iemand wat iemand vermoor / sommer net doodsteek en dit nogal kids ook net doodsteek – nee want hulle weet hulle gaan saam lang boompies toe.

bekommerd ·

Bring terug die doodstraf!!! Die algemene houding vandag is, “as jy my trouble gee maak ek jou van kant”. Die anc moet wakkerskrik….kan hulle ooit??

Frik ·

Solank daar geen beheer by grensposte en Lands grense toegepas word nie die insidente nie gestop word nie. Hoekom gebruik Regering nie Weermag om te help met kontrole nie? Maar dan weer dieselfde regering wys Landsburgers hoe om korrupt te wees, so dit sal nie werk nie. Een ding gaan verseker dit beheer DIE DOOFSTRAF

Sarie ·

Ek het al aan talle redes / moontlikhede gedink wat moontlik hierdie tipe dinge kan veroorsaak & die èèn wat loshande wen, is die gebruik van een of ander dwelm. “Mense” snuif, rook, drink, of spuit hulself met goed in, sonder dat hulle ‘n idee het wat se uitwerking op hul kan hê. ‘n Vorige huishulp het my vertel dat ‘n 13jarige seun, totaal “mal” geword het & byna alles inni huis verwoes het voordat iemand hom uiteindelik uitgeslaan het… Hy was sò wild & wreedaardig, dat niemand dit naby hom wou waag nie… Die Vader weet wàt nog op ons wag … Die handelaars het nèt een ding in gedagte & dis geld! Hulle het gèèn gewete nie & sal selfs hul ouers van kant maak as hulle in hul pad sou staan…

Pietertjie ·

Die regering moes mooier gedink het voor hulle al die mense in ons land toegelaat het

Sarel Strydom ·

Die ANC Regering het geen keuse waar dit by Buitelandse Burgers kom soos o.a. Cina en Afrika Lande. Die Lande eis terugbetaling vir die jare wat hulle die ANC beskerm en gehuisves het. Bedmaats bly Bedmaats.

Theresa ·

Hopeloos te veel onwettige mense wat maak net wat hul wil.
Geen land funksioneer goed so nie. Pateties.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.