Man vas ná ouma, kleinkind se bylmoorde

Argieffoto

ʼn 38-jarige man verskyn Maandag in die hof op aanklag dat hy ʼn 72-jarige vrou en haar tweejarige kleinkind met ʼn byl vermoor het, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.

“Die verdagte, gewapen met ʼn byl, is Vrydagmiddag omstreeks 12:00 na die huis in Khabakazi, Centane, waar die ouma en haar kleinkind gebly het,” het kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die ouma, Nowentile Mkhosana, en haar kleinkind was alleen by die huis ten tyde van die aanval. “Hulle is op die toneel dood. Die motief vir die moorde is nog nie bekend nie. Die polisie van Centane het vinnig reageer en die verdagte in hegtenis geneem.”

Die man staan tereg op aanklag van moord en verskyn Maandag in die Centane-landdroshof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Ange ·

Ek kan nie verstaan wat aangaan met die mense wat so moor nie. En wat erger is, is hulle stap erger uit die Tronk uit as wat hulle ingaan. So wat is te make?

Motief ·

Die motief is omdat moordenaars kan, hulle is maar soos jagters wat doodmaak vir pret want die ANC is lief vir misdaad en laat almal daarom toe.

André ·

Nieteenstaande alle Kritiek gelewer kom kwel vrae op soos “Plaas Moorde op Wit Boere, wat Eintlik ‘n Diens Lewer!” Hoekom word daar nie Arrestasies gemaak nié?
GEDAGTE VAN OPVOLG…

Jake ·

Gewone MISDAAD, niks buitengewoons nie, niks meer marteling en wreedheid as op plase nie, lyk maar na GEWONE misdaad vir my hierdie! Motief was seker roof, daar is seker ‘n radio en selfoon gesteel?

CAROL ·

SPAAR ONS BAIE GELD – SLUIT TOE EN GOOI WEG DIE SLEUTEL!!!!

Mariana ·

My innige simpatie met die Ouma en kleinkindjie se familie met hulle groot verlies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.