Man vas ná padwoedeaanval

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

ʼn Man wat na bewering die naweek ʼn motoris gedurende ʼn padwoedevoorval in Fourways, Johannesburg, aangeval het, is Dinsdag in hegtenis geneem.

“Die man het homself aan die polisie oorgegee en is deur sy regspan vergesel,” het ao. Balan Muthan, ʼn polisiewoordvoerder, gesê.

Die man is op borgtog vrygelaat en moet Woensdag op aanklagte van aanranding in die Rangburg-landdroshof verskyn.

Die voorval het Saterdag om 15:00 in Witkoppenweg plaasgevind en is deur ʼn ooggetuie afgeneem. Beeldmateriaal van die voorval het soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei.

Die video wys hoe ‘n man gewelddadig ‘n VW Polo skop. ‘n Porsche is langs die man geparkeer.
Die bestuurder van die Polo draai sy venster af waarna die man sy arms by die motor indruk.
Volgens die slagoffer het die man glo twee blikkies uit die Porsche gegooi en hy het die man konfronteer, waarna die aanval plaasgevind het. Klik hier om die video te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Trippie ·

Dis goed hy het homself gaan oorgee – en ek hoop eerlikwaar hy herstel die ander motor ook, sowel as ‘n verskoning vir sy barbaarse gedrag.

Wanneer ek op die pad is, en veral taxi’s, het ek uiteindelik geleer, hou vensters toe, deure altyd gesluit, ignoreer en ry so vinnig moontlik net weg. Moenie in konfrontasie betrokke raak nie.

Dit is net nie die moeite werd nie.

Aan die Porsche-man, jou gedrag was skandalig, jy is allermins ‘n meneer.

Johann ·

Trippie, baie dankie vir die baie goeie opsomming en wenke.
Niks kan bygevoeg of weggelaat word nie.
Groete.
Johann

Trippie ·

Johann, ek was redelik onlangs in ‘n situasie waar ek myself bloot gestel het aan ‘n spul taxi’s wat heeltemal kon handuit ruk – ek sidder wat alles verkeerd kon gaan. Hulle het albei bane voor my huis beset, aangesien die hoofpad se verkeersligte uit was. Natuurlik gedink dis ‘n vinnige manier om anderkant uit te kom. Ek was so na aan my ingang, maar tog so ver – die arrogansie waarmee ek begroet is. My venster was effens oop, skaars 5 cm tussen my en die taxi – en glo my, daar was BAIE. Hy kon sy arm in my motor druk ! Selfs ‘n mes om my in die nek te steek.

M Nader ·

N regte Poshkar Pistolius . Maar hy mag mos . Sy straf – wys hoe doen hy dit met n vol minibus taxi . By die Taxi rangeerwerf .

EMK ·

Ek hoop nie hy dink omdat hy homself “oorgegee” het alles is nou maar hunky-dory nie! O nee, meneertjie hulle moet ‘n voorbeeld van jou maak!!!

Carel ·

Kry vir jou ‘n kriminele rekord ou maat! Ek hoop die gereg maak van die persoon ‘n voorbeeld om te wys niemand is “above the law” nie! Het hy gedink hy kan maar net mense aanrand en skade berokken en doen wat hy wil? Wie weet, dis dalk nie die eerste keer wat hy sy manlikheid probeer bewys deur hom soos ‘n barbaar te gedra nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.