Man vas ná rooftog by lodge

Argieffoto ter illustrasie.

ʼn 31-jarige verdagte is in hegtenis geneem ná ʼn rooftog vroeër vandeesweek by ʼn lodge op ʼn wildsplaas buite Wolmaransstad, Noordwes.

Lt.kol. Pelonomi Makau, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê vier verdagtes het Donderdag omstreeks 10:20 op die lodge toegeslaan.

“Die verdagtes het voorgegee dat hulle na een van die werknemers soek. Toe hulle ’n kans kry, het hulle vuurwapens op die lodge se personeel gerig en hulle met kabelbinders vasgemaak. Die personeel is na ʼn stoorkamer geneem waar hulle gedwing is om op die grond te lê,” het Makau gesê.

Die verdagtes het die werknemers se selfone gesteel en een werker gedwing om ʼn kluis oop te maak waaruit hulle ʼn bedrag geld gevat het.

Die verdagtes het met hul voertuig van die toneel gevlug.

“Die polisie het ’n klag van sakeroof aanhangig gemaak en dadelik gereageer. Met die hulp van die polisie se lugvleuel is die verdagtes se voertuig in Uitbereiding 7 van Jouberton opgespoor. Die polisie het die gebied deursoek en die 31-jarige verdagte opgespoor en in hegtenis geneem.”

Die ander drie verdagtes is steeds soek en die ondersoek duur voort.

Die 31-jarige verdagte sal na verwagting Dinsdag in die Wolmaransstad-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Scalla ·

Knap gedaan SAPS, dit was volgens die berig n roof en geld is gebuit en niemand is beseer of gewond nie, die lugvleuel van die polisie het hul opgespoor, met plaasaanvalle waar mense gemartel en gedood word is hulp vanuit die lug nie beskikbaar nie, hoe word prioriteit bepaal en deur wie ? hoop die skuldiges word swaar gestraf.

Michael ·

Ek vind dit altyd amusant dat ons waardes al so versleg het dat ons begin aanvaar dat misdaad moet deel van ons lewe wees en as die polisie net hulle werk doen dit ‘n soort behaling is wat geprys moet word

SARIE VAN HEERDEN ·

Miskien moet die oorblywende inwoners van die Lodge aansoek doen om presidensiele beskerming soos wat miesies Zuma geniet. Hier isgenoegsame bewys dat daar gevaar is by die lodge.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.